Welkom aan Henningh Geldenhuys - BARC
Die bestuur van die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC), het ‘n nuwe Algemene Werker aangestel - Henningh Geldenhuys. Die aanstelling volg op die bedanking van Franco Visser, ‘n getroue jongman wat van groot hulp vir BARC by die hokke was.
Henningh het op Woensdag, 13 September 2023 met sy werk begin. Sterkte word hom deur die bestuur toegewens. Hy is oorspronklik van Rawsonville en is nou sowat 1½ jaar ‘n Gansbaaier.
Kennis kan geneem word van ‘n 5km Lente draf/stap te Groeneweide op Saterdag, 30 September 2023 om 09:00, nadat dit as gevolg van gure weer uitgestel moes word. Nols Jonas, BARC se Veldwerker, sal honde met leibande saamneem vir vrywilligers om met die honde aan die stap deel te neem. Dit sal kort na die gebruiklike parkrun plaasvind. Toegang is gratis, maar bring gerus broodnodige donasies ten bate van BARC saam. Hierdie pretstap is vir die hele gesin. Dit is groot pret om met BARC se ‘viervoetige pels-babas’ aan ‘n leiband te stap - en alles is vir ‘n goeie doel. Vir navrae kan Amy by 079 031 5081 gekontak word, of skakel vir Nols Jonas by 083 742 3903.











