Welkom terug in Gansbaai 3 SAPD-lede
Drie Gansbaai SAPD-lede het Gansbaai vir ‘n geruime tyd verlaat om poste by ander polisiestasies te beklee - nou is al drie van hulle terug in Gansbaai.
Kapt Franse het vir ‘n jaar en drie maande as ‘Task Team Commander’ in die Overgerg Distrik diens gedoen. Hy is nou terug in Gansbaai as Vispol Hoof. Sers Naido het ook in die Overberg Distrik diens gedoen, en is terug as ‘Domestic Violence Co-ordinator’. Laastens is dit Anthea de Villiers wat by Stanford SAPD se administratiewe afdeling gewerk het. Sy is nou Administratiewe Beampte by Gansbaai se Speurtak.
Welkom aan die drie ‘oud-Gansbaai’ SAPD lede in hul onderskeie poste by Gansbaai SAPD.