Blog

The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

Gans-Berg Nuus / News

The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

-Met Spa se ambassadeur, Lizz Meiring as eregas-

The Masked Spa in Hoofstraat 30, Gansbaai is gedurende Desember 2023 met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite deur Chris en Wimpie Daubert (eienaars) geopen, met Hester Hoon as Bestuurder. Die Spa se ambassadeur, Lizz Meiring (Mollie), ‘n jarelange vriendin van Chris en Wimpie, was die eregas tydens die opening. Die span glo dat hulle professionele dienste ‘n aanwins vir Gansbaai sal wees.

Chris en Wimpie het The Masked Spa aanvanklik in 2016 in Gauteng oopgemaak. Dit was eers net ‘n mobiele Spa (die terapeut, bed en ambians het tuis- of werksbesoeke gedoen). As gevolg van ‘n groot aanvraag het hulle ‘n fisiese Spa in 2018 ook geopen. Dit was by verskeie feeste, soos Aardklop, baie gewild.

“Ons het die afgelope 2 jaar tydens verskeie geleenthede na Gansbaai gekom en verlief geraak op die klein dorpie, sonder slaggate, verkeersligte en die vriendelike mense,” vertel Chris. “Omdat ons ander besighede aanlyn is, was dit n maklike besluit om te verhuis.” In Maart 2023 het hulle ‘sak en pak’ hier aangekom, waar hulle nou permanent in De Kelders woon. “Toe ons die geleentheid kry om die Spa hier in Gansbaai te open, het ons dit met altwee hande aangegryp. “Baie dankie vir die goeie ondersteuning wat ons te beurt geval het,” sê Wimpie.

The Masked Spa se dienste sluit onder andere die volgende in: facials, messages, footsies, naels en fishy footsies (vissies wat die dooie vel van voete af eet en wat tans net in die Kaap beskikbaar is). Besprekings kan by 010 630 0116 gemaak word, of stuur ‘n epos aan spa@themasked.co.za.

Image 1
Wimpie en Chris Daubert
Image 2
Hester Hoon
 
Hardus Botha
 
The Masked Spa in Desember 2023 Geopen

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles