Blog

Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

-Dalk einde van 24 jaar tradisie-

Die jaarlikse en ‘tradisionele’ Dangerpoint Halfmarathon is op Oujaarsdag deur die Gansbaai Lions vir die 24ste jaar aangebied - weer eens ‘n groot sukses, maar met baie harde werk en min finansiële ondersteuning. Die vroeë oggendreën het die atlete nie afgeskrik nie en hulle het met ‘n gelag en swaaiende arms vol moed weggespring.

Die onderskeie groepe atlete, 587 in totaal, vir die 21.1km, 10km en 5km pretdraf, het oudergewoonte ‘n ½ uur uitmekaar by Laerskool Gansbaai weggespring. Inskrywings was soos volg: 21.1km (256 atlete), 10km (177 atlete) en 5km pretdraf (154 atlete). Hierdie atlete het met groot entoesiasme en opgewondenheid weggespring en die onderskeie afstande suksesvol voltooi.

Die byeenkoms op Laerskool Gansbaai se sportgronde gaan jaarliks gepaard met ‘n gesellige atmosfeer waar ou vriende mekaar weer raakloop - om nie te praat van opgewonde en aanmoedigende ondersteuners by die eindpunt nie. 

“Ongelukkig was daar hierdie jaar weer ‘n tekort aan borgskappe vir die Lions, terwyl kostes die hoogte ingeskied het,” het Pieter de Vries van Gansbaai Lions gesê. “Nuwe regulasies het sake verder vererger.” Hy het ook gesê dat hulp op die onderskeie roetes afgeskaal het, terwyl die organisering van die marathon baie harde werk behels. Hierdie gewilde Dangerpoint Halfmarathon kan dalk die laaste een wees indien voldoende borge en helpers nie betyds na vore kom nie. Dit sal ‘n groot jammerte wees indien hierdie mooi tradisie oor 24 jaar heen daarmee heen gaan wees.

 
Hardus Botha
Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles