Blog

Waca Se Pragtige Snoeke

Waca Se Pragtige Snoeke

Gans-Berg Nuus / News

Waca Se Pragtige Snoeke

-Birkenhead Boothengelklub-

Saterdag, 20 Januarie 2024 was mooi weer, geen wind en ‘n ‘gladde’ see, maar beslis nie die regte weersomstandighede vir die boothengelaars nie. Hulle het hoofsaaklik mooi ‘hotties’ (hangbergers) en ‘n klompie silvervis gevang. Carl Dyer, met sy boot, Waca en bemanning, was meer gelukkig ek kon pragtige snoeke inweeg - baie geluk aan Waca se bemanning!

‘n Gesellige atmosfeer is geskep met groot sonsambrele, ‘n gazibo en selfs ‘n knetterende vuur waar voorsitter Hein Kroese se smaaklike wors vir worsbroodjies gebraai is. Nog ‘n verrassing was gratis vleispasteitjies vir almal, geborg deur Joe van Real Pies, Gansbaai.

 
Kompetisie-uitslae

10 bote het ingeskryf, waarvan 9 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 27, wat 2 dames ingesluit het. Die aantal visse (5 spesies) wat ingeweeg is, was 119, met 'n totale massa van 116.4kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.31kg.

 
Volledige uitslae

Swaarste vis, Carl Dyer (snoek, 4.05kg); 2de Swaarste vis, Derick Petersen (snoek, 4.0kg); Swaarste sak, Carl Dyer (15.35kg); 2de Swaarste sak, Derick Petersen (13.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer (11.43kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Mishca van Charlie Steyn (7.05kg); Dames swaarste sak, Colleen Kemm (4.5kg); Joelene Rademeyer 3.8kg).

 
Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

WaCa van Carl Dyer (27.798kg); Mischa van Charlie Steyn (17.30kg; GI Joe van Joe Smit.

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Carl Dyer (35.85kg); Philip Fourie (27.20kg); Derick Petersen (26.70kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

Joey Rademeyer (13.05kg); Colleen Kemm (9.55kg); Anita Vermeulen (2.6kg).

Nou wag 2024 se kompetisies om te sien wie vir wie gaan verbysteek! 

Image 1
Waca se bemanning.
Image 2
Charlie Steyn.
Image 3
Kenny Owen en Colleen en Norman Kemm.
 
Hardus Botha
 
Waca Se Pragtige Snoeke

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles