Blog

Brande

Brande

Gans-Berg Nuus / News

Brande

Hoe sê mens Dankie....

om dit ten diepste oor te dra?

‘Bravo aan ons Brandbestryders’

Die afgelope tyd se verwoede veldbrande het menige inwoner met bevange moedeloosheid ten gronde gedruk. Oral het gebede opgegaan vir die erns van die brande en die vinnige verspreiding daarvan, maar veral vir ons onverskrokke brandbestrydingsmanne en -vroue wat onverpoos, dag en nag, gewerk het om verligting te bring.

Volledige inligting oor die brande is deurgaans van hoek tot kant versprei, ook telkens wanneer nuwe brande begin het. Hierdie berig het ten doel om ten diepste dankie te sê - mens weet net nie waar om te begin nie: Overstrand en Overberg Brandweerdienste; Working on Fire; ander organisasies; Boere-gemeenskappe; vrywilligers wat sonder om te huiwer gehelp het waar hulle kon; verskeie organisasies, besighede en individue wat welkome eet- en drinkgoed vir ons uitgeputte brandbestryders geskenk en aangery het; so veel om op te noem en so veel om voor dankbaar te wees!

Dit is hartverskeurend om te dink aan soveel mense wie se lewens deurmekaar gegooi is, mens en dier wat daaronder gelei het, maar daarmee saam die kalmte en vrede wat gebede vanuit alle oorde gebring het. Kan daar ‘n meer beangste en spanningsvolle opdrag wees as: “Julle sal julle wonings moet ontruim?” Wat gaan saam, wat bly agter - en dan is daar nie tyd vir dink en wonder nie - emosie op emosie moes deur elkeen gegaan het!

Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame dr Annalie Rabie, kan uit volle bors bedank word vir haar byna ‘alomteenwoordigheid’ by die onderskeie veldbrande en haar stiptelikheid om inwoners in die Overstrand deurgaans ingelig te hou. Die Gans-Berg Nuus het haar verskeie kere raakgeloop en dit was duidelik dat sy alle aspekte van die brande ter harte opgeneem het. Dankie ook aan Raadslid Riana de Coning vir haar gereelde insette.

‘n Gemeenskap sê dankie aan ons Hemelse Vader vir sy hand van beskerming, die beskerming van ons brandbestryders en vir hulle, asook alle andere, se opofferinge gedurende hierdie tyd en steeds, aangesien alles nog nie verby is nie - Bravo aan elkeen wat ‘n rol gedurende hierdie moeilike tyd gespeel het! 

 
Hardus Botha
Brande

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles