Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 4 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Vanaf die Gosho Park Campsite en die pragtige Chimanimani, beweeg die groep aan na Chinhoyi Caves National Park, wat ‘n volledige verhaal in eie reg is. Eers moes Fanie en Judy ‘n pakkie aan Suid-Afrikaners in Marondera afgee - “twee aangename jongmense van die besonderse koffiewinkel, met een wat sê: ‘Oom, in chaos is daar baie geleenthede’.” Hoe waar is dít nie! Na die aangename kuiertjie, word die pad na Harare aangedurf. Dis ‘n groot stad met statige geboue. Fanie wys hulle die Reserwebank, asook ander bankgeboue waar hy op ‘n stadium gewerk het. 

“Met die uitdraai uit die hoofstraat verander alles in absolute chaos - dis mense, motors, busse en hope en hope rommel!” Hulle kry die enorme groot Avondale Flea Market en staan verstom oor kleurryke tradisionele lappe, kralewerk, bakke, handwerk, sakke en tafeldoeke, om net enkele items te noem. “Mens weet nie waar om te kyk en wat om te koop nie!” Na hierdie ervaring, vertrek hulle na Chinhoyi.

Elna se beskrywing van Zim se padreëls: “’n Dubbele spêrstreep beteken jy kan verbygaan, net wanneer jy wil, en selfs 4 tot 5 langneusvragmotors op ‘n ry verbysteek!” Fanie voeg toe by: “Die geel spêrstreep aan die regterkant van die pad is om die baan aan te dui waar aankomende verkeer moet ry!” Die pad na Chinhoyi is uiters swak, maar word aangedurf. Sowat 5km buite Chinhoyi kom hulle by hulle bestemming uit: Chinhoyi Caves Camping.

Hulle besoek die Chinoyi-grotte: eers die ‘donkergrot’ en daarna die ‘watergrot’ - ‘n besonderse ervaring. Die tradissionele naam vir die grotte is Chirorodziva, wat die ‘poel van die vallende water’ beteken. Die grotte bestaan uit kanale en grotte, waar die stelsel stadig ineenstort soos aan die sinkgate in die omliggende area gesien kan word. Die wondergat is die hoofkenmerk van die grot, 'n vlak gat of 'n groot grot met 'n ineengestorte dak. Die mure of die binnekant van die wondergat sak vertikaal af vir 46 meter na die slaappoel. Die swembad is ongelooflik blou en kristalhelder wat groot dieptes en nie-vloeiende water weerspieël.

Die volgende stop (Deel 5) is die Mana Pools by die Nyamepi Camp, wat blyk ‘n besonderse ervaring was. In die volle reeks kan lesers kennis neem dat “aanhalings” uit Elna se dagboek kom, sonder dat daar na haar verwys word, aangesien alle inligting op haar besonderse handgeskrewe dagboek geskoei is. 

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 4)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles