Blog

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde

“Verouderde witwyn is net so lekker!”

“Ek wil graag vanaand vir julle wys dat ‘verouderde’ witwyn net so lekker is,” het Christopher van Dieren van Cloof Wynlandgoed met die deur in die huis geval - dalk ‘n eienaardige opmerking, maar meer hieroor later. 

Die geleentheid was Gansbaai Wynproegilde se eerste wynproe-aand vir 2024 op 20 Februarie 2024 in die Great White House - met Cloof Wynlandgoed se kwaliteitwyne wat te proe aangebied is. By die deur is die gaste met ‘n heerlike Blanc de Blanc Methode Cap Classique verwelkom. Voorsitter Japie Spies die gaste verwelkom en, nadat hy enkele administratiewe sake afgehandel het, het hy vir Charl Terblanche, ‘n bestuurslid, aan die woord gestel.

Charl sorg vir kort, maar insiggewende wyn-inligting en -wenke tydens byeenkomste. Hy het oor die verskeidenheid van geure gepraat: aangename geure, af-geure, vrugte-gedrewe geure en nog meer. “Kennis op hierdie gebied kom met ondervinding, maar ook onder leiding van kundiges,” het Charl onder andere gesê, en na nog voorbeelde gewys.

Daarna het Japie Christopher aan die gaste voorgestel - en wat ‘n merkwaardige wynkundige is hy nie. “Ons is bevoorreg om die uiters bekwame Christopher van Dieren van Cloof Wynlandgoed as aanbieder welkom te heet,” het Japie gesê. “Saam met hom is Geraldine Burger, die wynlandgoed se bekwame bemarker.” Christopher is sedert 2004 as direkteur by Cloof Wynlandgoed aangestel, wat direk aan die aandeelhouers rapporteer, maar is reeds vanaf 2002 by die wynlandgoed as wynmaker en produksiehoof betrokke. Hy is oorspronklik van België, waar hy ‘n verskeidenheid van kwalifikasies in die wynbedryf verwerf het - dié man mag maar wyn maak! In 1990 het hy permanent na Suid-Afrika verhuis. 

Christopher se aanbieding het met ‘n Chenin Blanc (2019) en ‘n Chenin Blanc (2022) begin - dalk ‘n eienaardige begin. “Ek bied spesifiek ‘n 2019 en ‘n 2022 witwyn aan om te proe,” het Christopher gesê. “Dit is om aan julle te wys dat ‘verouderde’ witwyn steeds lekker is om te drink en te geniet!” Daarna het 5 goeie rooiwyne gevolg: The Very Sexy Shiraz (2020), Duckitt Reserve Shiraz (2022), Lynchpin - Bordeaux versnit (2019), Crucible Shiraz (2018) en Winemakers Pinotage (2022). Die gaste het deurlopend goeie kommentaar gelewer en was duidelik baie beïndruk met die kwaliteit van Cloof Wynlandgoed se wyne wat te proe aangebied is. Christopher is sonder twyfel ‘n ervare wynkundige en sy vertellinge en beskrywings was insiggewend.

Sjef Chris Pead van die Great White House het nog nooit met sy geregte teleurgestel nie - dit proe gereeld beter as die vorige keer! As voorgereg is Prawn Kebabs met bykomstighede voorgesit, as hoofgereg Oven Roasted Sirloin met bykomstighede en die verleidelike nagereg was ‘n Passion Fruit Infused met ‘n Chocolate Mousse Sandwich, Hazelnut Cream en Honeycomb.

Om ‘n wynproe-aand in die Great White House by te woon, beteken net een ding: gesellige saamkuier, terwyl sinvolle wynkennis opgedoen word. Chris en sy span, asook die flink kelners, is ingeroep om spesiaal vir hulle dankie te sê vir puik diens. Daarna is die gebruiklike Gansbaai Wynproegilde voorskot aan Christopher en Geraldine oorhandig.

Image 1
Marmara de Klerk, Christopher van Dieren, Geraldine Burger en Japie Spies.
Image 2
Gedugte Great White House span.
 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles