Blog

Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Die jaarlikse Spar-Rolbaldag was die eerste geborgde rolbaldag wat Franskraal Rolbalklub jare gelede begin aanbied het. “Gansbaai Superspar borg reeds vir baie jare die gewilde Walvis Classic, wat ongelukkig nie in 2023 kon plaasvind as gevolg van baanprobleme,” vertel Kokkie de Kock, President van Franskraal Rolbalklub. “Ons is dankbaar dat Gansbaai Superspar ons met ‘n ‘All Day’ opedag-borgskap tegemoet gekom het.” Kokkie sê die belangstelling was oorweldigend en dit was ‘n ‘fullhouse’ met 24 inskrywings. 

5 spanne van L’Agulhas, 2 van Kleinmond, 5 van Bonnievale en 12 van Franskraal het ingeskryf, met al die spelers wat die klub goed ondersteun het. “Die dames in die kombuis en ons kroegman het hulself goed van hul taak gekwyt,” sê Kokkie. “Die kompetisie was ‘n groot sukses, waarvoor ons oneindig dankbaar is.”

Die 1ste plek is deur ‘n Kleinmondspan ingepalm, 2de was een van L’Agulhas se spanne en 3de ‘n Franskraalspan - baie geluk aan hierdie drie rolbalspanne! Daar was weer ‘n hamper op die spel by die alombekende Spinwiel van die klub, wat deur Lorette Sieg gewen is.

Image 1
Kleinmond, 1ste: E Knoesen, Kokkie de Kock (oorhandiger), Hendriena Kotzé en Dirk Kotzé.
Image 2
L’Agulhas, 2de: J Woodcock, Kokkie de Kock (oorhandiger), P van Wyk en P Roux.
Image 1
Franskraal, 3de: D Roos, Kokkie de Kock, J Fick en P Witz.
Image 2
Lorette Sieg ontvang haar hamper van Kokkie de Kock.
 
Hardus Botha
Franskraal Rolbalklub: Gewilde Spar-Rolbaldag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles