Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 9 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

“Die Victoria Falls in Deel 8 was ‘n besonderse ervaring en ‘n voorreg, des te meer om self daar te kon wees,” skryf Elna. Nou vat die groep koers na die Hwange National Park se twee kampterreine. Proviand word aangevul en Fanie koop vleis by ‘The Butcher’s Daughter’. Vir ‘n slag ry hulle op ‘n mooi, breë pad. Net voor Hwange ry hulle verby ‘n bedrywige steenkoolmyn, waarvoor Hwange bekend is en in die dorp koop hulle roomys by die ‘Creamy Inn’. In die Hwange National Park (Hoofkamp) ry hulle op die eerste oggend ‘n pragtige sirkelroete deur die park - 110km. Hulle doen aan by Makwa Pan, Kennedy 1, Kennedy 2, Ngwashla Pan (hou piekniek), Masumamal Pan (sien 5 olifante) en tot by Manga Pan 1, “waar ons ‘n asemrowende gesig kry,” skryf Elna: 50 olifante, 11 kameelperde, 7 zebras en ‘n trop bobbejane! By Jambili Pan is daar weer ‘n trop baster gemsbokke en by Caterpillar Pan sien Elna vir die eerste keer in haar lewe ‘n berghaan.

Vanaf die Hoofkamp ry hulle na Robin’s Camp, ook in die park, wat ‘n pragtige kampterrein is. Langs die pad is dit weer tyd vir ‘n piekniek by Shumba Game Hide, wat duidelik olifant-wêreld is. Hulle ry na Robin’s Camp, met baie rooibokke en buffels wat te sien is. “Wat ‘n netjiese privaatkamp, met grasdakke, restourant en selfs ‘n swembad. By Masuma Dam draai hulle in en word verras met ‘n pragtige uitsig oor die pan - seekoeie, krokodille, verskeie boksoorte en voëls.

So kom Zimbabwe se avonture aan ‘n einde, met die Victoria Falls wat sekerlik as dié hoogtepunt beleef is. Vanaf die Hwange National Park in Deel 9, is ons toervriende nou op pad na die Pandamortega grenspos - vanuit Zimbabwe na Botswana in Deel 10 van hierdie reeks in die Gans-Berg Nuus.

 
Hardus Botha
 
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles