Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 9 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

“Die Victoria Falls in Deel 8 was ‘n besonderse ervaring en ‘n voorreg, des te meer om self daar te kon wees,” skryf Elna. Nou vat die groep koers na die Hwange National Park se twee kampterreine. Proviand word aangevul en Fanie koop vleis by ‘The Butcher’s Daughter’. Vir ‘n slag ry hulle op ‘n mooi, breë pad. Net voor Hwange ry hulle verby ‘n bedrywige steenkoolmyn, waarvoor Hwange bekend is en in die dorp koop hulle roomys by die ‘Creamy Inn’. In die Hwange National Park (Hoofkamp) ry hulle op die eerste oggend ‘n pragtige sirkelroete deur die park - 110km. Hulle doen aan by Makwa Pan, Kennedy 1, Kennedy 2, Ngwashla Pan (hou piekniek), Masumamal Pan (sien 5 olifante) en tot by Manga Pan 1, “waar ons ‘n asemrowende gesig kry,” skryf Elna: 50 olifante, 11 kameelperde, 7 zebras en ‘n trop bobbejane! By Jambili Pan is daar weer ‘n trop baster gemsbokke en by Caterpillar Pan sien Elna vir die eerste keer in haar lewe ‘n berghaan.

Vanaf die Hoofkamp ry hulle na Robin’s Camp, ook in die park, wat ‘n pragtige kampterrein is. Langs die pad is dit weer tyd vir ‘n piekniek by Shumba Game Hide, wat duidelik olifant-wêreld is. Hulle ry na Robin’s Camp, met baie rooibokke en buffels wat te sien is. “Wat ‘n netjiese privaatkamp, met grasdakke, restourant en selfs ‘n swembad. By Masuma Dam draai hulle in en word verras met ‘n pragtige uitsig oor die pan - seekoeie, krokodille, verskeie boksoorte en voëls.

So kom Zimbabwe se avonture aan ‘n einde, met die Victoria Falls wat sekerlik as dié hoogtepunt beleef is. Vanaf die Hwange National Park in Deel 9, is ons toervriende nou op pad na die Pandamortega grenspos - vanuit Zimbabwe na Botswana in Deel 10 van hierdie reeks in die Gans-Berg Nuus.

 
Hardus Botha
 
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 9)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Golf Competition Results for 24 - 28 April 2024

Golf Competition Results for 24 - 28 April 2024

Golf competition results for 24 - 28 April 2024.

Gansbaai Golf Club
31 May 2024: Cowboy Dance

31 May 2024: Cowboy Dance

Saddle up for a wild west hoedown at Birkenhead Boothengelklub!

31 October 2024: Halloween Party

31 October 2024: Halloween Party

Get Spooky at Birkenhead Boothengelklub's Halloween Party!

12 May 2024: Mother's Day 3-Course Meal

12 May 2024: Mother's Day 3-Course Meal

Show mom some love this Mother's Day with a delicious 3-course feast!

Fynbos Management: Controlled Ecological Burn at Grootbos

Fynbos Management: Controlled Ecological Burn at Grootbos

Controlled burns are an essential part of our ongoing fire management plan. 

Grootbos Foundation
Swollen Restio Beetles Spotted Feasting on Restio Pollen!

Swollen Restio Beetles Spotted Feasting on Restio Pollen!

We're thrilled to share a fascinating find from our conservation efforts! 

Grootbos Foundation
See All Articles