Blog

Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

Gans-Berg Nuus / News

Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

“May the sun rise in front of me, the rain falls behind me and the wind follows me. May the angels guard my travels and swirling turns. Let the eagle guide me to the mountain tops. Let the moon’s light guide me through the night. Lord thank you for letting me be a biker.” (Biker Prayer).

Sondag, 17 Maart 2024 was ‘n besonderse dag by die NG-gemeente, Baardskeerdersbos. Motorfietsryers (Bikers, soos hulle na hulself verwys) het in groot getalle vir die erediens opgedaag. Die reëlings is deur die Gansbaai Dogs of War, onder leiding van voorsitter Johan Pretorius, getref. Dit was in samewerking met die NG Kerk Gansbaai onder leiding van ds Floors Avenant, asook Baardskeerdersbos Streeksraad en omliggende motorfietsklubs. 

Die besluit om die diens op 17 Maart te hou, hou verband met ‘n motorfietsbyeenkoms in Januarie vanjaar in Kaapstad, waar klem gelê is op toewyding en seën op die betrokkenes met verwysing na veiligheid in die uitvoering van hulle dienslewering. Met die gewildheid van die R43 vir motorfietsritte en Baardskeerdersbos as die voorkeur stoppunt in gedagte, is die diens in die historiese NG Kerkgebou in Baardskeerdersbos gehou en deur ds Floors waargeneem. 

Hartlike samesang is die diens vooraf gegaan. Die gaskunstenaar was Gansbaai se gewilde Ruben Lennox wat die sang gelei het en ook die NG-lied, ‘Hawe van God se Genade’ gesing het. Floors het ‘n relevante boodskap, gebaseer op Lukas 10: 25-37, aan die toehoorders gebring. Hy het die bekende gelykenis van die Barmhartige Samaritaan aan die Dogs of War se missie gekoppel. “Dit is juis waarmee hulle besig is,” het Floors gesê. “Dit is om die gapings in die gemeenskap se behoeftes en nood te vul; moenie ‘kyk’ na nood en verbystap nie - ‘kyk’ en ‘stop’ om die gaping te vul deur die nood te verlig. Sò ‘n ingesteldheid bring bring heling en hoop in ander se nood mee, maar ook vir onsself,” het Floors sy boodskap afgesluit. In Johan Pretorius se eie woorde: “We fill the gabs and we make the engines talk!”

Na afloop van die diens het die besoekers en bikers by die motorfietse bymekaargekom en saam gedeel in die bid van die ‘Biker Prayer’. Johan Pretorius het die bikers se tevredenheid met die dag se reëlings uitgespreek. “Ek voel dat hierdie inisiatief ‘n jaarlikse instelling moet word, waarskynlik gedurende Januarie soos dit in Kaapstad die geval is,” het Johan gesê. Na gesellige interaksie tussen die besoekers en bikers, het die bikers vertrek vir ‘n gesamentlike geselligheid by die Ou Skool Restourant in die prentjie-mooi Baardskeerdersbos.

Ruben Lennox het, op baie kort kennisgewing, ‘n pragtige Bikerslied, ‘Dogs of War’, spesiaal vir die dag gekomponeer (musiek en liriek), met die refrein as volg: “We are the Dogs of War; Fighting for Jesus ev’ry day; We are The Dogs of War; We ride, we sing, we pray; We are the Dogs of War; Keeping the devil on the run; We’ll be riding the peace when Jesus comes.” 

 
Hardus Botha
Motorfiets-Enjins Brul vir Jesus

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Golf Competition Results for 24 - 28 April 2024

Golf Competition Results for 24 - 28 April 2024

Golf competition results for 24 - 28 April 2024.

Gansbaai Golf Club
31 May 2024: Cowboy Dance

31 May 2024: Cowboy Dance

Saddle up for a wild west hoedown at Birkenhead Boothengelklub!

31 October 2024: Halloween Party

31 October 2024: Halloween Party

Get Spooky at Birkenhead Boothengelklub's Halloween Party!

12 May 2024: Mother's Day 3-Course Meal

12 May 2024: Mother's Day 3-Course Meal

Show mom some love this Mother's Day with a delicious 3-course feast!

Fynbos Management: Controlled Ecological Burn at Grootbos

Fynbos Management: Controlled Ecological Burn at Grootbos

Controlled burns are an essential part of our ongoing fire management plan. 

Grootbos Foundation
Swollen Restio Beetles Spotted Feasting on Restio Pollen!

Swollen Restio Beetles Spotted Feasting on Restio Pollen!

We're thrilled to share a fascinating find from our conservation efforts! 

Grootbos Foundation
See All Articles