Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Die toergroep is nou reeds volstoom aan die gang in Botswana en is op pad na die Mabuasehube Kamp en Panne. Hulle besluit egter om eers weer by Gabarone aan te gaan om proviand vir Kgaligadi (Deel 12) te kry. “’n ‘Ontploffing’ het ons groot laat skrik, maar dit was toe net Dolf se blikkies koeldrank in die vrieskassie wat ‘ontplof’ het - wat ‘n gemors!” Maar terselfdertyd was daar toe wel groot probleme met die voertuig, wat gelukkig herstel kon word.

Hulle ry deur Makwate op die B141, deur Dovedale en na die volgende dorp, Mmphahalalo - “Die wêreld lê wyd en oop voor ons en die plantegroei is pragtig, met wit grasvelde en baie bome,” skryf Elna. Hulle sukkel om die dorpname op die kaart te kry, maar draai uiteindelik af op die A1. Dan trek hulle by Mokolodi Backpackers in om te oornag. Elna vertel die volgende dag volg sy en Dolf die ‘zigzag-roete’ van Fanie, maar verloor hom en verdwaal! “Ons loop ‘n Barmhartige Samaritaan raak, Nonofo, wat tot ons redding kom om weer by Fanie’hulle aan te sluit.”

Hulle kom op die A2, die Trans-Kalahari Highway, en draai in by Jwaneng. Daarna volg heelwat ‘drama’ met die grondpad wat gesluit is, maar soos dit bekwame toerders betaam, oorbrug hulle die probleme, maar nie sonder probleme en hulp nie. Hulle ry al in die rondte en kry later ‘n donkiekar en vra vir aanwysings. “Ons word geneem na ‘n pad wat nie meer na ‘n pad lyk nie,” skryf Elna. “Die karretjie-mense sê dis die ‘cut-line’ en die Garmin stem saam, maar ons is nie so seker oor die ‘cut-line-pad’ nie!”

Langs die pad kry hulle weer iemand wat hulle terug na die hek, wat glo gesluit is, beduie. Die man sê hulle was op ‘n ‘wild-goose-chase-pad’ wat vir jare nie meer gebruik word nie! By die toe hek sien hulle dit is nie gesluit nie, maar net toegemaak en, siedaar, deur is hulle! Elna skryf dat dit die slegste sandpad is wat hulle nóg op die toer gery het. Dit was bitter koud op die oop vlaktes by die Mabua Pan en die skottelgoed word net so gebêre en, ná ‘n ‘wilde-kamp-was’, spring hulle in die bed!

Gedurende die nag het hulle ‘n paar besoekers gehad. Dolf het die stortafskorting oopgelos en die gevreet van ‘n hiëna aan hulle wasemmer het hulle wakker gemaak. Hulle besluit om ‘n paar draaie te ry en eerste aan die beurt is Mpayathutlwe Pan waar hulle ‘n groot trop springbokke en koedoes sien. Hulle kom ook op blouwildebeeste, groot swart-aasvoëls, gemsbokke en roofarende af, maar géén leeus nie en hulle ry na die ander panne. By Lesholoago sien hulle geen diere nie en ry aan na Monamodi, waar daar ‘n groot swerm witrug- en swart-aasvoëls is, “seker so 40 van hulle!” 

Vanaf Mabuasehube, draai die voertuie in die rigting van die Matopi- en Rooiputs kampplekke vir die laaste aflewering (Deel 12) van hierdie avontuurreeks. Lees hiervan in die volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus.

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles