Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse. 

Met die pragtige diere-lewe by Mabuasehube se panne, is die groep nou op pad na die Matopi- en Rooiputskampe. ‘n Waterkrisis dwing hulle na Mpaya-pan, waar ‘n dun straaltjie water loop en toe opdroog. Elna skryf by die pan sien hulle weer die mooiste koedoebul en -koei, met baie springbokke, blouwildebeeste en gemsbokke. Die volgende pan is droog, maar daar is toe wel gemsbokke en jakkalsies te sien.

Hulle kampplek vir die nag is Matopi No 1, waar net ‘n puttoilet is, sonder enige ander geriewe, maar die omgewing is baie mooi. Die volgende oggend pak hulle ‘n lang en uitdagende rit in baie dik sand aan en ry met die Boso-trail teen 15-30 km/uur. Teen een van die sandduine ontstaan ‘n gespook met Dolf se voertuig wat vasval en Fanie wat moet terugdraai om te help - 4x4 avonturiërs sal verstaan wat se gesukkel dít afgegee het! Daarna is hulle op pad na Rooiputs op ‘n effens beter grondpad en kan darem so 50 km/uur ry. “Ons kon die drastiese en duidelike verskil tussen die Botswana en Suid-Afrikaanse kant van die Kgalagadi nie glo nie, met die Nossobrivier wat die grenslyn vorm,” skryf Elna. “Aan die Botswana kant is dit wuiwende grasvlaktes en aan die SA kant rooi Khalahari-grond met geen gras.

By Rooiputs is daar toe gelukkig water by hulle kampplek. Hulle maak ‘n draai by Tweerivieren om uit te vind of hulle die volgende oggend daar deur die grenspos kan gaan. Daar besoek hulle die Auchterlonie museum. Daar is voorbeelde van hoe mense na die Tweede Wêreldoorlog in 1914 gewoon en geleef het. Uiteindelik breek hulle laaste dag aan en daar is hulle deur die grenspos...terug in Suid-Afrika. Die Bothma-egpaar nooi die Nel-egpaar vir ontbyt in die Lion’s Den restaurant by Tweerivieren. Daarna volg die ‘Groot Groet’ na 44 dae en 9 227km saam in twee voertuie - 10 dae in Suid-Afrika, 24 dae in Zimbabwe en 10 dae in Botswana. Elke egpaar ry vandaar hul eie roete terug huis toe. Dankie aan Elna Nel vir ‘n uitstekende dagboek wat die Gans-Berg Nuus met sy lesers kon deel - volledig, interessant en vol illustrasies. 

 
Hardus Botha

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles