Blog

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Gans-Berg Nuus / News

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

“Ek begin vandag se klavierspel, wat ek geïmproviseer as ‘n huldeblyk vir ‘n pragtige mens, skrywer en digter, Trienke Laurie,” het Lara Kirsten haar onlangse optrede in Franskraal geopen. “Ek onthou haar as ‘n baie spesiale mens en ek glo julle ook.” Trienke se onverwagse afsterwe het skokgolwe in haar wye vriendekring en organisasies gestuur. Sy was ‘n geliefde inwoner, skrywer en digter, asook ‘n aktiewe lid van Gansbaai Leeskring.

Om direk langs Lara te sit en haar agter die klavier dop te hou, is ‘n belewenis - haar hande, vingers, liggaamshouding en -bewegings, asook haar gesigsuitdrukkings, spreek boekdele van ‘n mengsel van emosie en gevoel wat soos ‘n musikale waterstroompie uit haar menswees vloei. Sy sit met die musiekblad voor haar, maar sy voer dit op soos wat die gevoel in haar opkom. Lara het vir ‘n tweede keer in Almarie van Vuuren se woning opgetree, met Gansbaai Leeskrig se lede as gaste. “Met haar pragtige lang hare, haar skraal lyfie en onopgesmuktheid laat Lara my aan ‘n Nimf dink,” het Almarie haar aan die gaste beskryf. “Iemand wat in ‘n wonderwêreld hoort wat jou kan wegvoer na ‘n magiese wonderwêreld gevul met note en woorde!”

Lara se klavierspel voer sy op soos wat die gevoel in haar opkom. Met die voordra van haar eie gedigte is dit eweneens een bondel gevoel en emosie waar sy haar met liggaamshouding, gesigsuitdrukking en beweging so inleef dat mens dink sy is alleen in die vertrek. Hetsy met haar klavierspel of die voordra van gedigte - haar emosievolle liggaamshouding, gesigsuitdrukkings, verstand, siel en hand-bewegings, is ‘vanuit ‘n ander wêreld’. Daar is ‘n intense meelewing in alles wat sy doen - voor die klavier is dit asof sy ‘n ‘dans’ met haar liggaam uitvoer.

Lara sê sy werk nie met woorde op papier nie, “vir my word woord vlees”, het sy gesê. Ek probeer poësie in my lyf inkry om dit só te kan uitleef. Sy sê wanneer sy gedigte skryf, is dit nie haar hand wat sy op papier sit nie, maar haar hele lyf.

dit is daar waar ek wil wees
daar waar kontinente van klank uit
my keel en vingers vloei
en ek aan 'n hele nuwe aarde geboorte gee
daar waar die magtige digkuns 
die ritme van die dag bepaal
ek voel alewig die klop in my keel
die nimmereindigende spits van my ore
ek staan op aandag
gereed vir die magtige vers
wat met volbloedige vlerke op my palms gaan land
(Lara Kirsten: ‘tussen die lugholtes van my ribbes’)

Die gaste was dit eens dat Lara altyd ‘n welkome gas in Gansbaai sal wees. Geurige verversings is na afloop van haar aanbieding bedien, terwyl Lara spontaan en ontspanne met almal kommunikeer het.

 
Hardus Botha

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Foundation Photo Contest Winners Announced

Grootbos Foundation Photo Contest Winners Announced

The Grootbos Lodge staff participated in an exciting photo competition, and we are thrilled to announce our joint winners!

Grootbos Foundation
Siemens French Door Refrigerator

Siemens French Door Refrigerator

Introducing the perfect blend of luxury and convenience - the Siemens French Door Refrigerator with a special wine compartment.

S Herholdt
Bosch Laundry Duo: Washer and Dryer

Bosch Laundry Duo: Washer and Dryer

Introducing the ultimate Bosch laundry suo from S Herholdt.

S Herholdt
Overcoming Limiting Beliefs for a Bright Future

Overcoming Limiting Beliefs for a Bright Future

Our negative self-talk, based on past experiences, creates a minefield of potential disasters in our future.

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Gans-Berg Nuus / News
18 May 2024: Snoek Braai

18 May 2024: Snoek Braai

Join us this Saturday, 18th May 2024, for a mouthwatering snoek braai served with salad and bread, all for just R85!

See All Articles