Blog

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Gans-Berg Nuus / News

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

“Ek begin vandag se klavierspel, wat ek geïmproviseer as ‘n huldeblyk vir ‘n pragtige mens, skrywer en digter, Trienke Laurie,” het Lara Kirsten haar onlangse optrede in Franskraal geopen. “Ek onthou haar as ‘n baie spesiale mens en ek glo julle ook.” Trienke se onverwagse afsterwe het skokgolwe in haar wye vriendekring en organisasies gestuur. Sy was ‘n geliefde inwoner, skrywer en digter, asook ‘n aktiewe lid van Gansbaai Leeskring.

Om direk langs Lara te sit en haar agter die klavier dop te hou, is ‘n belewenis - haar hande, vingers, liggaamshouding en -bewegings, asook haar gesigsuitdrukkings, spreek boekdele van ‘n mengsel van emosie en gevoel wat soos ‘n musikale waterstroompie uit haar menswees vloei. Sy sit met die musiekblad voor haar, maar sy voer dit op soos wat die gevoel in haar opkom. Lara het vir ‘n tweede keer in Almarie van Vuuren se woning opgetree, met Gansbaai Leeskrig se lede as gaste. “Met haar pragtige lang hare, haar skraal lyfie en onopgesmuktheid laat Lara my aan ‘n Nimf dink,” het Almarie haar aan die gaste beskryf. “Iemand wat in ‘n wonderwêreld hoort wat jou kan wegvoer na ‘n magiese wonderwêreld gevul met note en woorde!”

Lara se klavierspel voer sy op soos wat die gevoel in haar opkom. Met die voordra van haar eie gedigte is dit eweneens een bondel gevoel en emosie waar sy haar met liggaamshouding, gesigsuitdrukking en beweging so inleef dat mens dink sy is alleen in die vertrek. Hetsy met haar klavierspel of die voordra van gedigte - haar emosievolle liggaamshouding, gesigsuitdrukkings, verstand, siel en hand-bewegings, is ‘vanuit ‘n ander wêreld’. Daar is ‘n intense meelewing in alles wat sy doen - voor die klavier is dit asof sy ‘n ‘dans’ met haar liggaam uitvoer.

Lara sê sy werk nie met woorde op papier nie, “vir my word woord vlees”, het sy gesê. Ek probeer poësie in my lyf inkry om dit só te kan uitleef. Sy sê wanneer sy gedigte skryf, is dit nie haar hand wat sy op papier sit nie, maar haar hele lyf.

dit is daar waar ek wil wees
daar waar kontinente van klank uit
my keel en vingers vloei
en ek aan 'n hele nuwe aarde geboorte gee
daar waar die magtige digkuns 
die ritme van die dag bepaal
ek voel alewig die klop in my keel
die nimmereindigende spits van my ore
ek staan op aandag
gereed vir die magtige vers
wat met volbloedige vlerke op my palms gaan land
(Lara Kirsten: ‘tussen die lugholtes van my ribbes’)

Die gaste was dit eens dat Lara altyd ‘n welkome gas in Gansbaai sal wees. Geurige verversings is na afloop van haar aanbieding bedien, terwyl Lara spontaan en ontspanne met almal kommunikeer het.

 
Hardus Botha

Emosionele Klavierspel: Uit Die Hart

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles