Blog

Blompark Benodig Dringend Hulp Vir 2 Sentrums

Blompark Benodig Dringend Hulp Vir 2 Sentrums

Gans-Berg Nuus / News

Blompark Benodig Dringend Hulp Vir 2 Sentrums

“Ons as gemeenskap van Blompark het u hulp dringend nodig vir ons twee sentrums vir bejaardes,” sê Roger Brett, voorsitter van die Beheerraad: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Sorgsentrum. 

Rodger verwys na die twee bekende sentrums vir Bejaardes in Blompark: Silwerjare Dienssentrum (NPO 020-369) en Oak Grove Sorgsentrum (NPO 302-412). “Silwerjare Dienssentrum is ons sentrum waar ouer persone drie dae per week bymekaar kom om aktiwiteite te doen en ‘n warm bord kos te geniet,” verduidelik hy. “Oak Grove Sorgsentrum is waar 14 ouer persone permanent woon en na omgesien en gevoed moet word.”

Met verwysing na kostes, sê Rodger dat hulle uitgawes per maand, om die twee sentrums in stand te hou, ongeveer R35 000 per maand beloop. Dit bestaan uit salarisse (minimaal) vir 5 persone, munisipale rekening, kosaankope en versekering. Dan is daar nog gas en instandhoudingskostes wat nie hierby ingesluit is nie. “Ons staatsubsidie is vanaf R10 200 na R6 000 per maand gesnoei,” vertel hy.

Rodger, die bestuur en bejaardes doen ‘n beroep op die ondersteuning van individue en sakelui in die vorm van finansies of voedselvoorrade. Persone wat finansiële bydraes wil maak, kan dit by die volgende rekening inbetaal: 

Absa Bank (tjek rekening); Rekeningnommer 4050280424.

Vir enige ander navrae en/of donasies kan Roger Brett by 067 090 8379 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by rbred@justice.gov.za.

‘n Volledige berig oor Meals on Wheels wat op Sondag, 5 Mei 2024 by Silwerjare Dienssentrum besoek afgelê het, sal in die volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus gepubliseer word. Die besoek het saamgeval met ‘n groot byeenkoms wat deur past Peter Fouldien gereël is.

Hardus Botha

Foto: Rodger Brett tydens Meals on Wheels se besoek aan die sentrums.
 

Blompark Benodig Dringend Hulp Vir 2 Sentrums

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles