Blog

Franskraler Bekroon met Dubbele Professorskap

Franskraler Bekroon met Dubbele Professorskap

Gans-Berg Nuus / News

Franskraler Bekroon met Dubbele Professorskap

Dubbele Professorskap is nie ‘n eer wat ‘elke Jan Rap en sy Maat’ aldag te beurt val nie - en dít sommer hier in ons midde in Franskraal - ‘n beskeie dr Beth Engelbrecht oor haar vele akademiese prestasies.

Beth, afgetrede Hoof van die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement is, saam met haar eggenoot, Willie die afgelope 4 jaar ‘n voltydse inwoner van Franskraal. “Ondanks haar ‘aftrede’, het Beth nog lank nie die tuig neergelê nie,” vertel Willie. Sy is verlede jaar deur die Universiteit van Kaapstad as ‘n Ereprofessor by die Universiteit se Skool vir Openbare Gesondheid aangestel. Daar is sy betrokke is as hoogleraar in die Oliver Tambo Leerstoel vir die ontwikkeling van Senior Gesondheidsbestuurders oor die land.

Daar het dit egter nie geëindig nie - ‘n dubbele eer het haar te beurt geval toe ‘n tweede Professoraat onlangs deur die Noordwes Universiteit in Potchefstroom aan haar toegeken is. Beth is deur die Universiteit as Buitengewone Professor by die Mediese Fakulteit aangestel. Sy is betrokke by die daarstelling van ‘n voltydse mediese skool vir die Noordwes Universiteit, wat ook in die nabye toekoms geneeshere en spesialiste sal oplei. Beth was ook, op versoek, betrokke by die beplanningsfase en meegaande probleme met die bou van die ????? in Gansbaai. 

Beth het aan die Hoërskool Diamantveld, Kimberley, matrikuleer en het haar MBChB graad aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat verwerf. Sy spesialiseer later in Huisartskunde en verwerf die graad M.Fam Med aan dieselfde Universiteit. Nadat sy vir 8 jaar as geneesheer gepraktiseer het, begeef sy haarself in die gesondheidsbestuur omgewing waar sy vir 30 jaar in verskeie Senior Gesondheidsbestuursposte gedien het. In die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het sy vir 15 jaar as Operasionele Hoof en vir 5 jaar as Departementshoof die leiding geneem.

Tydens haar skool- en universiteitsloopbaan het Beth Nasionale Kleure in netbal en atletiek verwerf en sy glo vas dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves. Beth is getroud met Willie Engelbrecht. Die egpaar het 4 kinders en 8 kleinkinders en hulle geniet dit om deur die land te toer en tyd in die buitelewe te spandeer - hulle is ook lief vir fietsry as ontspanning. Hulle huis is 24 jaar gelede as ‘n ‘vakansiehuis’ gebou, wat hulle nou 4 jaar permanent bewoon. 

Die egpaar is altwee vrywillige Ere-Veldwagters van SANParke, met Willie wat op die Uitvoerende Komitee dien en ook opleiding aan Veldwagters van die Meerkat Nasionale Park verskaf - alles op ‘n vrywillige basis. Op grond van hierdie liefde van hulle vir die eko-sisteme in daardie area, het hulle gesamentlik ‘n boek, The Lost Tales of the Meerkat National Park - Karoo Farmlands and their stories, geskryf en gepubliseer. Die boek is op eie koste deur hulle gepubliseer en die opbrengs uit verkope word aan die projek geskenk. Hulle navorsing is onder moeilike omstandighede gedurende die Covid-tydperk gedoen, met telefoniese onderhoude, WhatsApps en dies meer.

Op die agterblad van die boek skryf Beth soos volg: “Willie and I hold a special place in our hearts for the Karro and Bushmanland. As volunteers supporting SANParks, we cherish the conservation of nature and heritage, and to connect with people in their contexts. Capturing the stories of people who once lived on farms, sacrificed for the Square Kilometre Array scientific project, arose organically after our visit in August 2020. The loss of inheritance and a way of living, symbolised by empty farmhouses and their silent graves, drove us to provided solace for those affected.” - ‘n Kosbare kleinnood vir diegene wat soveel moes prysgee! 

Hardus Botha

Foto: Willie en dr Beth Engelbrecht, ontspanne in hulle woning in Franskraal.

Franskraler Bekroon met Dubbele Professorskap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles