Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General
Blog

Komtessa Prestige Herfs/Winter Modeparade

Komtessa Prestige Herfs/Winter Modeparade

Gans-Berg Nuus / News

Komtessa Prestige Herfs/Winter Modeparade

Groter Gansbaai se plaaslike modelle het weer die geleentheid gehad om tydens Komtessa Boutique se Herfs / Winter Modeparade met spoggerige uitrustings te paradeer en te spog. Tinneke Lutzeyer, alleen-eienaar van Komtessa Boutique en haar span: Lynn, Suna en Thuli, het hierdie prestige geleentheid op Saterdag, 25 Mei 2024 by De Uijlenes aangebied - en te oordeel aan goeie terugvoering, was dit sonder twyfel ‘n prestige en spoggerige geleentheid.

Die sowat 130 gaste, ook vanaf Hermanus en Bredasdorp, is met ‘n spesiale ‘glasie’ welkom geheet, met genoeg verversings om tussendeur te geniet, ingesluit bykans 20 geluktrekkings wat nie te versmaai is nie. Die interessante gasspreker tydens die geleentheid was dr Heather Blaylock, ‘a fellow of the European Joint Committee of Sexual Medicine’ - met haar tema as ‘Sexual Health and Wellness’. Die gaste was ook bevoorreg om Dinah se ‘live music’ te geniet, asook ons bekende ‘Dual Sound Leon’ wat opgetree het. 

Die ‘lime light’ tydens die modeparade was natuurlik ons plaaslike modelle wat opgetree het - en glo gerus, ons mag maar spog met ons eie modelle! Hulle is (alfabeties): Adéle Nel, Adrie Prinsloo, Annabelle Rathbone, Estelle Paulsen, Leana Groenewald en Nina Shein-Murtzl - almal professioneel en pragtig, geklee in Tinneke se deftige uitrustings. 

Tinneke kan trots voel oor die suksesvolle bedryf van Komtessa Boutique gedurende die afgelope bykans 2 jaar as alleen-eienaar - met haar inisiatiewe en kreatiewe denke het die boutique net van krag tot krag gegroei. Tinneke is ‘n gebore Gansbaaier wat haar skooljare in Laerskool Gansbaai en Hermanus Hoërskool deurloop het - voorwaar ‘n egte ‘local’ wat gerus ondersteun kan word.

Tinneke doen graag die volgende bedankins (alfabeties), waarsonder ‘n prestige-geleentheid soos hierdie nie moontlik is nie: Avozha Rathbone (fotograaf), Christine van Husband and Wife Team, Dinah vir ‘live music’, dr Heather Blaylock (gasspreker), Dual Sound Leon, Duana (doen van hare), Estelle Paulsen Catering Thyme and Lime, gaste, Geon Nel, Komtessa-span, Leana (grimmering), Nicolene Richards, Paloma Sposato Catering Fitmom, plaaslike modelle en Staci (De Uijlenes).

Tinneke Lutzeyer en haar gedugte en vriendelike span van Komtessa Boutique in die Proteasentrum, Hoofstraat, Gansbaai, kan gerus vir opdatum modes en uitrustings besoek word.

Hardus Botha

Komtessa Prestige Herfs/Winter Modeparade

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles