Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Gans-Berg Nuus / News

Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar is op 13 Junie 2024 in die Paarl aangekondig - Dean Barnard (40) van Waboomskraal is as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024 gekroon. Dean boer al 19 jaar saam sy pa op Waboomskraal naby George, waar hy nou al vir die laaste 8 jaar by sy pa oorgeneem het. Hulle boer met hops, pruime, amandels en pekanneute.

In 2002 matrikuleer Dean aan die Hoërskool Landbouskool Oakdale waar hy ná skool Bemarking Bestuur aan die Nelson Mandela Universiteit (Saasveld) vir 2 jaar studeer, totdat sy pa hom een oggend skakel en sê dis tyd dat hy terug kom plaas toe. ‘Oppie Plaas Boerdery’ is een van 7 hops-boere in Afrika. Die voetspoor vir Castle en Castle Lite is hops wat slegs in Suid-Afrika geproduseer word. Die boerdery is ook die laaste 15 jaar onder die top 3 hops produsente. Die 2023 Autum Treat pruim-oes het vir hulle net onder die 100 ton per ha gelewer. Dean glo ook dat sy 486g pruim die Guinness World of Records gaan haal, aangesien die rekord tans 354.37g is.

Sedert Dean die leisels oorgeneem het, is die vernaamste veranderinge wat hy in die boerdery gedurende die afgelope vyf jaar teweeggebring het, nuwe besproeiings-tegnologie vir meer effektiewe waterbesparing wat sodoende meer ekonomies is, nuwe pruim-en amandelboorde is aangeplant en ‘n nuwe hops-uitbreiding op huurgrond is aangeplant. “Elke jaar is ‘n nuwe uitdaging en ek geniet ‘n uitdaging baie. Met die hoeveelheid grond tot my beskikking is dit ‘n intensiewe boerdery wat elke besluit laat geld.”

Dean se langtermyn visie vir hulle boerdery is om die pruime uit te brei na tussen 15 en 20 ha en hy wil graag hul eie pakstoor opsit om hul vrugte-oeste te pak, asook om dit vir boere in gemeenskap beskikbaar te stel om dit te huur.

Die beoordelaars was van mening dat Dean ʼn waardige ambassadeur vir jong boere van die Wes-Kaap tydens die Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie sal wees.

(Foto’s: Agri Wes-Kaap/Natalie Gabriels Photography)

Rojeanne de Wet: Agri Wes-Kaap Skakelbeampte

Image 1
Dean (Jongboer) en Carla Barnard.
Image 2
Jannie Strydom (Hoof Uitvoerende Beampte Agri Wes-Kaap), Villiers Loubser (President Agri Wes-Kaap), Dean Barnard (Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar 2024) en Daniel Stevens (Santam Landbou).
Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles