Blog

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Gans-Berg Nuus / News

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Gansbaai se ‘Spiertiere’ onder leiding van Jaco Louw van Bosfit in Gansbaai het Mosselbaai se gespierde manne en vroue weer gewys hulle kom van Gansbaai af - en hulle het uitstekend gevaar! Jaco het sy eie Gym so onlangs as 1 Desember 2023 gestig, maar hy is lankal reeds ‘n gesoute en kampioen Body Builder (liggaamsbouer).

Drie van Jaco het drie van sy klublede na die kompetisie van die PCA Federasie op 6 Julie 2024 in Mosselbaai vergesel. “Ek het nie bedoel om ernstig aan die kompetisie deel te neem nie, maar eerder om my studente te gaan ondersteun,” vertel Jaco. “My wenplekke tydens die kompetisie was dus ‘n groot verrassing vir my.”

Uitslae:

Jaco Louw - Wenplekke in al 4 Afdelings: 3 x 1ste plekke en 1 x 2de plek. Jaco is tydens die kompetisie vir die SA-spankompetisie gekies; Marzanne Cloete - Jaco se suster en dit was haar 1ste kompetisie. Sy behaal 2 x 1ste plekke en 1 x 2de plek; Nathan Taylor - dit was ook sy eerste kompetisie en hy behaal 1 x 3de plek en 1 x 4de plek; Bernie Venter - dit was ook haar eerste kompetisie. Sy behaal 1 x 3de plek.

Baie geluk aan hierdie gespierde manne en vroue van Gansbaai wat uitstekend in die kompetisie gevaar het.

Nou wag die Battle of the Titans, een van SA se grootste Body Building kompetisies op 20 Julie 2024 in Durbanville op Jaco - baie sterkte, Jaco.

Die PCA Battle of the Titans, waarvoor Jaco reeds gekies is, is op die hoogste vlak van in Suid-Afrika, waarvoor die deure vir oorsese deelname oop is. Daar wag egter ‘n paar stappe vir Jaco wat gevolg moet word, maar hy is reeds voluit besig om aan sy voorbereidingsprogram te werk.

“Ek wil graag dankie sê aan my borge, waarsonder deelname aan hierdie kompetisies nie moontlik sal wees nie,” sê Jaco. “Hulle is Boss Fit, AK Fitness, Bizzy Bodyz, Gansbaai Bakhuis, M&H Design en Hair Haven.”

Hardus Botha

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles