Blog

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Gans-Berg Nuus / News

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Die Seagulls Netbalspan onder leiding van Sylvia Jacobs het hulself weer eens bewys - die span is uitgenooi om aan twee groot sportdae (netbal, rugby, ens) op 6 en 7 September 2024 in Heidelberg te gaan deelneem. Die span spog met trofeë, medaljes en sertifikate wat in die verlede verwerf is.

September klink nog ‘ver’ in die toekoms, maar hierdie gedugte netbalspan het ‘n groot probleem - hulle kan nie sonder die hulp van borgskappe gaan deelneem nie. “Ons beplan fondsinsamelings, maar doen ‘n beroep op die sakelui en gemeenskap vir borgskappe om ons mee te help,” is Sylvia se pleidooi. Borgskappe of donasies vir 15 netbalspelers word vir die volgende benodig: swart sokkies, swart mussies, 2 x netbalballe en hulp met brandstof.

“Ons nooi ook graag netbal-belangstellendes vanuit alle gemeenskappe in Groter Gansbaai om by ons aan te sluit,” het Sylvia gesê. “Ons bestaan nie nét uit Blompark-inwoners nie.”

Vir navrae, maar veral in hierdie geval, borgskappe vir die toernooi in September, kan Sylvia Jacobs by 072 413 6861 gekontak word. Dit is vir die Gans-Berg Nuus ‘n plesier om die Seagulls op hierdie wyse te kan ondersteun.

Hardus Botha

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

A Special Welcome Home

A Special Welcome Home

Our parting moment this week is a quiet video of Sakhe’s mom welcoming him home, full of love and pride.

Grootbos Foundation
Gansbaai Glimlag! Mural #15 is Here!

Gansbaai Glimlag! Mural #15 is Here!

Fabulous Friday indeed!

RUGBY- EN NETBALNUUS

RUGBY- EN NETBALNUUS

Op Donderdag, 15 Mei het die Gansies na Klein Ovies in Caledon gereis vir ‘n dag vol opwinding en spanbou!

Laerskool Gansbaai
Codependency Is Not Love

Codependency Is Not Love

You give, and give, and give… hoping that one day, it will be enough.

How to Support Local Businesses in the Quiet Season

How to Support Local Businesses in the Quiet Season

It feels like yesterday we were rushed off our feet at work, queuing at packed grocery stores...

Xplorio Headquarters
Gans-Berg Newspaper - 16 May 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 16 May 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 16 May 2025!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles