Blog

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Gans-Berg Nuus / News

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Die Seagulls Netbalspan onder leiding van Sylvia Jacobs het hulself weer eens bewys - die span is uitgenooi om aan twee groot sportdae (netbal, rugby, ens) op 6 en 7 September 2024 in Heidelberg te gaan deelneem. Die span spog met trofeë, medaljes en sertifikate wat in die verlede verwerf is.

September klink nog ‘ver’ in die toekoms, maar hierdie gedugte netbalspan het ‘n groot probleem - hulle kan nie sonder die hulp van borgskappe gaan deelneem nie. “Ons beplan fondsinsamelings, maar doen ‘n beroep op die sakelui en gemeenskap vir borgskappe om ons mee te help,” is Sylvia se pleidooi. Borgskappe of donasies vir 15 netbalspelers word vir die volgende benodig: swart sokkies, swart mussies, 2 x netbalballe en hulp met brandstof.

“Ons nooi ook graag netbal-belangstellendes vanuit alle gemeenskappe in Groter Gansbaai om by ons aan te sluit,” het Sylvia gesê. “Ons bestaan nie nét uit Blompark-inwoners nie.”

Vir navrae, maar veral in hierdie geval, borgskappe vir die toernooi in September, kan Sylvia Jacobs by 072 413 6861 gekontak word. Dit is vir die Gans-Berg Nuus ‘n plesier om die Seagulls op hierdie wyse te kan ondersteun.

Hardus Botha

Seagulls Netbalspan Genooi Vir Groot Toernooi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles