Blog

Voormalige Gansbaai Sakeman Oorlede

Voormalige Gansbaai Sakeman Oorlede

Gans-Berg Nuus / News

Voormalige Gansbaai Sakeman Oorlede

‘n Voormalige en bekende sakeman van Gansbaai, Ben (Petrus Benjamin) Gericke is op 29 Junie vanjaar in die ouderdom van 68 jaar oorlede. Gansbaaiers sal hom as ‘Ben Hoender’ onthou vanweë sy voormalige eienaarskap van die bekende Kekkel en Kraai. Ben was een van 6 kinders, 4 seuns en 2 dogters, waarvan hy die eerste een is wat deur die dood weggeneem is. 

In Oktober 2020 het Ben ‘n drie-dubbele hartomleiding ondergaan, maar het goed herstel. In Julie 2023 was hy terug in Panoram Hospitaal waar hy ‘n rugoperasie ondergaan het. Daarna het Ben se gesondheid agteruit begin gaan - hy het al moeiliker begin loop en later van ‘n loopraam en rolstoel gebruik gemaak. Sedert Februarie 2024 kon hy nie meer loop nie. Sowat ‘n week voor sy dood is Ben in die Suideroord Versorgingseenheid in Bredasdorp opgeneem waar hy oorlede.

Ben is in Tiervlei op 25 Mei 1956 gebore waar sy pa in die gevangenisdiens werksaam was. Gans-Berg Nuus het verneem dat Ben as woelige skoolseun sy ouers gryshare besorg het - nie met stoutighede nie, maar hulle het gereeld ‘n oproep ontvang dat hy in die hospitaal is: ‘n gebreekte arm, twee gebreekte polse en ‘n gebreekte elmboog en op ‘n stadium het dinge skeef geloop by ‘n braaivleisvuur waar hy erge brandwonde opgedoen het en veloorplantings moes kry - nou-ja, woelig is nie die woord nie! 

Op 13 Junie 1978 is Ben met Ina in die huwelik bevestig. Twee kinders, Johan (40) en Jackie (45) is uit die huwelik gebore en Ben was die trotse oupa van 4 kleinkinders. Ina is in ‘n verplegingsberoep en werk tans as ‘n Suster by Kidbrooke Aftree-oord in Hermanus.

Ben se beroepslewe was hoofsaaklik finansies en oudit-gedrewe. In Gansbaai sal Ben as die eerste eienaar in 1997 van die bekende Kekel & Kraai onthou word. Hy bedryf die besigheid vir sowat 15 jaar voordat hy dit in 2022 verkoop. Dit is gedurende hierdie tyd wat Ben homself die bynaam van ‘Ben Hoender’ op die hals gehaal het. “Daarna was Ben vir sowat 8 maande met ‘pensioen’, maar het vinnig vervelig begin raak,” vertel Ina. “Hy aanvaar die pos van oordbestuurder by Pearly Beach Resort / Strandoord, waar hy vir sowat 5 jaar werk, voordat hy in 2018 finaal tot ruste kom.”

Gedurende Ben se jare in Gansbaai, was hy aktief in die gemeenskap betrokke: Gansbaai Sakekamer; een van die stigterslede van Perlemoenbaai Buurtwag; die eerste lid van Afriforum, Gansbaai; betrokke by Jan en SD Fourie se Geskiedenisboek oor Gansbaai en sy mense - om net ‘n paar te noem. ‘n Nalatenskap vir Groter Gansbaai etlike jare gelede was Ben se entoesiastiese, self-opgelegte taak om GPS-punte in Groter Gansbaai te versamel en aan Garmin Muizenberg vir vaslegging deur te stuur. Ben het op sy eie van punt A na B, ens gery om dit te kon regkry.

Ben het ook bekendgestaan vir gesellige humor. “Hy het nooit sy suster, Elcine, as sy suster aan mense voorgestel nie,” vertel sy swaer, Johan Hulme. “Hy het altyd gesê ‘dis my swaer en dis sy vrou’, Elcine!” Ben en Johan het ook gereelde toere saam aangepak, waarvan sommiges dit net die twee van hulle was. Ben se seun, Johan van Gericke Argitektoniese Dienste in Gansbaai, het ook na sy pa se humor verwys. “Een ding van my pa wat ek graag wil uitlig, is dat hy altyd positief was en gesê het dit gaan goed, ongeag wat sy omstandighede ookal was - ‘dit gaan baie goed, ‘Tjoepie’, wat sy bynaam vir my was,” het Johan gesê.

Hardus Botha

Voormalige Gansbaai Sakeman Oorlede

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Define Your Ultimate Experience

Define Your Ultimate Experience

Do you have any idea what your ultimate dream will feel like?

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 16 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

We were finally back on the water after a no-sea day! 

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Your Business Can Only Grow as Far as You Do

Self-belief is the driving force of a goal.

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Breeding Puppies Without a Licence Is Illegal in South Africa

Thinking about breeding your dog? Make sure you know the rules first.

BARC Animal Welfare
R5 Off Your Meal at The Boathouse!

R5 Off Your Meal at The Boathouse!

Simply show your gate ticket to your waiter, and you’ll receive R5 off your bill.

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Overcome Fear and Stagnation to Achieve Business Success

Your business may be the dream you once imagined - but you are the driving force behind it.

See All Articles