Blog

Overberg Houtwerkgilde

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Houtwerkgilde

Die Overberg Houtwerkgilde beoefen nie net ‘n stokperdjie vir hulle eie plesier nie - baie aandag word aan vooraf beplande projekte ten bate van liefdadigheid gegee - wat as ‘n baie mooi gebaar gesien kan word. 

Een van die projekte is onlangs gefinaliseer - herstelwerk te Elim Dagsorgsentrum in Gansbaai. Onder andere herstelwerk aan muur- en vloerlyste, ‘n kasdeur wat gehang is en die buitebande van die swaaie, asook ligte wat vervang is.

By Elim Kinderhuis in Elimis daar ook deur die houtwerkspan gewoeker. Speelgoed vir die seuns is gefinaliseer en sal eersdaags amptelik aan hulle oorhandig word. Dan het Francette en helpers 25 poppies vir die dogters gebrei.

Tydens ‘n onlangse byeenkoms het Hennie Prinsloo insiggewende demonstrasies aan die lede gelewer: ‘n swaelster ‘jig’ by die gebruik van ‘n router; ‘n ‘jig’ vir die las van hoeke; ‘n ‘jig’ om voetstukke vir ‘n ronde bak op ‘n rolsaag te sny. Demonstasies en die uitruil van kennis op die gebied van houtwerk, is een van die hoofdoelwitte van die gilde. 

Overberg Houtwerkgilde vier vanjaar hulle 30ste bestaansjaar. ‘n Nuwe embleem (logo) is goedgekeur en ’n feestelike geleentheid word vir Saterdag, 7 September 2024 voor Build It beplan. Produkte wat deur lede gemaak is, sal uitgestal word, asook leweransiers wat hulle produkte sal uitstal. Sterkte aan die Feeskomitee wat reeds saamgestel is, dit is beslis ‘n geleentheid waarna uitgesien kan word.

Navrae oor Overberg Houtwerkgilde se doen en late kan aan De Wet Conradie by 082 826 4411 gerig word.

Hardus Botha

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles