Blog

Overberg Houtwerkgilde

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Houtwerkgilde

Die Overberg Houtwerkgilde beoefen nie net ‘n stokperdjie vir hulle eie plesier nie - baie aandag word aan vooraf beplande projekte ten bate van liefdadigheid gegee - wat as ‘n baie mooi gebaar gesien kan word. 

Een van die projekte is onlangs gefinaliseer - herstelwerk te Elim Dagsorgsentrum in Gansbaai. Onder andere herstelwerk aan muur- en vloerlyste, ‘n kasdeur wat gehang is en die buitebande van die swaaie, asook ligte wat vervang is.

By Elim Kinderhuis in Elimis daar ook deur die houtwerkspan gewoeker. Speelgoed vir die seuns is gefinaliseer en sal eersdaags amptelik aan hulle oorhandig word. Dan het Francette en helpers 25 poppies vir die dogters gebrei.

Tydens ‘n onlangse byeenkoms het Hennie Prinsloo insiggewende demonstrasies aan die lede gelewer: ‘n swaelster ‘jig’ by die gebruik van ‘n router; ‘n ‘jig’ vir die las van hoeke; ‘n ‘jig’ om voetstukke vir ‘n ronde bak op ‘n rolsaag te sny. Demonstasies en die uitruil van kennis op die gebied van houtwerk, is een van die hoofdoelwitte van die gilde. 

Overberg Houtwerkgilde vier vanjaar hulle 30ste bestaansjaar. ‘n Nuwe embleem (logo) is goedgekeur en ’n feestelike geleentheid word vir Saterdag, 7 September 2024 voor Build It beplan. Produkte wat deur lede gemaak is, sal uitgestal word, asook leweransiers wat hulle produkte sal uitstal. Sterkte aan die Feeskomitee wat reeds saamgestel is, dit is beslis ‘n geleentheid waarna uitgesien kan word.

Navrae oor Overberg Houtwerkgilde se doen en late kan aan De Wet Conradie by 082 826 4411 gerig word.

Hardus Botha

Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles