Gansbaai Gholfklub 2024 Bakleiliga Kampioene

Gansbaai Gholfklub 2024 Bakleiliga Kampioene

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Gholfklub 2024 Bakleiliga Kampioene

2024 Bakleiliga Kampioene

Gansbaai Gholfklub se Bakleiliga-span, onder leiding van Bev Swart as Ligakaptein, klop Bonnievale in die Finaal en keer terug as die 2024 Bakleiliga Kampioene - baie geluk aan julle.

Woensdag, 17 Julie 2024:

Solly Wessels wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie met 34 punte, gevolg deur Joe Cesare 33, Hugo Groenewald 33, Andrew Dalgleish 32, Rene Myburgh 32, Philip Taylor 32, Johan Coetzee 31, Daan Victor 31, Clive Bailey 30 en Leon Lombaard 28.

Naaste aan die pen op no 11 was Joe Cesare (geel bof).

Vrydag, 19 Julie 2024: 

Geen gholf as gevolg van die weer.

Saterdag, 20 Julie 2024:

Daar was geen klubkompetisie as gevolg van die Bakleiliga wat op Gansbaai Gholfklub in hul Liga Finaal kom speel het nie. (Spelers met ‘n hc van minimum 18 en maksimum 28). Klubs wat deelgeneem het was Gansbaai, Bonnievale, Montagu, Swellendam, Bredasdorp en Theewaterskloof. 

Gansbaai se span het onder leiding van Bev Swart teen Bonnievale in die finaal gespeel en 3/0 gewen. Gansbaai Gholfklub is dus die 2024 Bakleiliga wenners! Veels geluk aan almal wat deur die jaar vir die span gespeel het. Die volgende spelers het in die finaal gespeel: Bev Swart (Ligakaptein), Bertie Laubscher, Rene Lambrecht, Hugo Groenewald, Johan Coetzee en Stephen Brown. Die dag was ‘n groot sukses met baie pret en lekker eet. 

Die manne bedank almal die drie pragtige dames vir die lekker ete - Gerty, Helga en Lizette - dit was puik! Die ander pragtige dame wat die natgat so spesiaal gemaak het, was Francis Swart. Dankie, lieflike dames, julle het beslis die dag onvergeetlik gemaak. Ons dank aan Heineken en Francois vir die bier en Build It en Bertie vir Raka wyn. Dankie ou blou oë, dankie ou grote. Dankie ook aan ons Kaptein, Clive Bailey, wat vir Montagu ingestaan het, asook aan Ian, ons puik Kroegman. Dankie aan Leon Diedericks vir al jou hulp. Julle almal het gesorg vir ‘n manjefieke dag vol pret. Bev Swart is gekies as voorsitter van die Bakleiliga - mooi skoot, Bev.

Overberg Brodie Liga: 

Gansbaai verloor 2.5 teenoor Arabella se 3.5. Die span was Pieter Loubser (Liga Kaptein), Willem Germishuys, Melvin Tobias, Francois van der Merwe, Corrie Avenant en Andre Hage.

Uitklopkompetisies: 

Christo Spanellis & Hannes Linde wen vir Wally van Coller & Solly Wessels in die American Scramble en gaan deur na die volgende rondte.

Sondag, 21 Julie 2024:

Geen gholf.

Saterdag, 27 Julie 2024:

Kompetisie is ‘n Bonus Bogey.

Image 1
Die 2024 Bakleiliga Kampioene.
Image 2
Christo Spanellis en Hannes van der Linde.
Image 3
Solly Wessels.
Gansbaai Gholfklub 2024 Bakleiliga Kampioene

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles