Blog

Stoney Steenkamp Skiet Nog Sekuur op 90

Stoney Steenkamp Skiet Nog Sekuur op 90

Gans-Berg Nuus / News

Stoney Steenkamp Skiet Nog Sekuur op 90

Met die pistole vergete en die houtwerkgereedskap weggepak, kon die 90-jarige Oom Stoney (Rodney) Steenkamp sy 90ste verjaarsdag (18 Julie) behoorlik saam met familie en ‘pistool-vriende’ op Saterdag, 14 Julie 2024 by Gansbaai se skietbane vier. Hoe dan nou anders as juis dáár - Stoney was dan ‘n stigterslid (tans ‘n Erelid) en onder-voorsitter van die Skietklub wat op 10 Februarie 1994 (30 jaar gelede) gestig is en hy skiet nog ‘gevaarlik’ sekuur op 90.

Twee klublede het saam met Stoney hulle eie verjaarsdae gevier, George Briedenhann (22 Julie) en Yvonne Joubert (18 Julie, saam met Stoney) - dus sommer ‘n groot makietie by die skietbane. Stoney se dogter, Michelle Steenkamp, haar verloofde, Michael Burger en haar dogtertjie (Stoney se oogappel), Femke (8) Burger van Brackenfell het saamgekuier. “Femke is ‘n Germaanse naam wat ‘dogtertjie van liefde/vrede’ beteken,” het Michelle gesê. Voorsitter Andrew MacQueen het Stoney se gekenk aan hom oorhandig. 

Gedurende Februarie vanjaar het Stoney, ‘n gesoute meubelmaker, homself met ‘n houtwerkmasjien misgis ‘n gedeelte van sy vingers verloor. Sy hand het goed herstel en hy skiet lankal alweer en gaan aan met die maak van meubels, rakke en kaste van akkerhou-vate vir mense in Gansbaai, “al is dit met ‘n bietjie minder vingers!” skerts hy.

Stoney is op 18 Julie 1934 in Touwsrivier gebore, het in Bloubergstrand grootgeword en deurloop sy skooljare in Jan van Riebeeck Hoërskool, Kaapstad, waar hy tóé reeds verskeie medaljes en toekennings verwerf. Na skool deurloop hy sy ambag as meubelmaker suksesvol en vervaardig meubels vir Stark GH. Later sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Perde-afdeling aan. Hy spog met verskeie medaljes, veral in atletiek en in 1956 word hy vir die Olimpiese Atletiekspan gekies. In 1961 ontvang hy Polisie-Ereklere, waarna hy as Liggaamsoefening-instrukteur aangewys word. In 1962 neem hy aan die Vyf Kamp deel en in die laaste item met die perd, breek hy sy nek en word sy nekwerwels met ‘n pen geheg, maar hy herstel daarna.

Hy tree uitdiens as Adjudant-Offisier in die SAPD en woon reeds sowat 35 jaar in Franskraal. Sy eggenote, Susanne het hom verlede jaar in Augustus ontval. Drie kinders, 2 seuns, waarvan 1 oorlede is, en ‘n dogter is uit die huwelik gebore, met Stoney wat met 7 kleinkinders spog. Nou-ja, Stoney is steeds aktief en gesond en die redaksie Gans-Berg Nuus dra ook hul gelukwense aan hom oor.

(Foto’s: Michelle Steenkamp)

Hardus Botha

Stoney Steenkamp Skiet Nog Sekuur op 90

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles