Bejaardes Geniet ‘Konsert’ Deur Gansbaai Academia
Gansbaai Academia se gesellige besoek aan Silwerjare Dienssentrum was nie sommer net ‘n welwillendheidsbesoek nie, baie moeite is vir die bejaardes, wat die saal volgesit het, gedoen.
Juffrouens Patricia Zali-Fortuin en Raynietia Krieger het die leerders vergesel. ‘n Goedbeplande ‘verskeidenheidskonsert’ is deur Liko Ponie (sanger), Caen Hess (klawerbord) en Saskia Ward (voordrag) aangebied. Die bejaardes se spontane handeklap op maat van die musiek, asook samesang was besonders en ‘n toonbeeld van genot. Dit was egter nie al nie, die leerders het smaaklike verversings, wat deur Gansbaai Academia voorberei en geskenk is, saamgebring wat terdeë geniet is.
Hardus Botha