Blog

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Die gaste het op Vrydag, 30 Augustus 2024 in die mooi versierde saal van Silwerjare Dienssentrum aangesit, waar hulle opgewonde vir Bettie Booysen van Oak Grove Nasorgdiens se opwagting gewag het - en hulle was nie teleurgesteld nie. Bettie het met die hulp van Suzanne Hans, Bestuurder en Fransis Arends die saal binnegestap - getooi in ‘n vollengte, spierwit rok en wit skoene - om nie van die ‘make-up’ en gedoende hare te praat nie, met ‘n ‘Happy Birthday’ kroon op haar kop - al laggende!

Bettie is na die hooftafel gelei waar sy haar plek onder luide gesing van die gaste ingeneem het. Twee eregaste, Magrieta Adams, voormalige bestuurder van die twee sentrums en Fransis Arends, wat altwee vanaf dag een die pad saam met Bettie gestap het, het saam met haar by die hooftafel gesit.

Wat sou van Bettie se 50ste verjaardag so ‘n besonderse geleentheid maak? Sy is al vir die afgelope 18 jaar ‘n inwoner van Oak Grove, maar is gestremd in die sin dat sy nie normaal kan praat en loop nie, terwyl haar gesiggie meeste van die tyd skeef trek - tog het sy ‘n pragtige profiel en haar belangrikste bate is om altyd, sonder uitsondering, te skaterlag. ‘n Kamera en mooi musiek waarop sy laggend kan dans, is altyd vir haar besonders. 

Bettie staan onder almal, besoekers ingesluit, as ‘n baie spesiale en geliefde mens bekend. Suzane het die gaste verwelkom en onder andere gesê: “Bettie verstaan baie dinge beter as wat mens dink en het beslis geweet ons is besig om iets vir haar voor te berei, wat haar baie opgewonde gemaak het. Toe ons haar rok vir haar aanpas, was dit ‘n groot stryd om haar dit te laat uittrek - dit is háár rok en basta met die res!” Enkele gassprekers het van hulle wedervaringe met Bettie oor jare heen gepraat, asook komiese voorvalle. Oor een saak was almal dit eens: Bettie is altyd ‘n dankbare mens vir enigiets wat sy ontvang.

Met die oorhandiging van haar geskenke het sy haar kop behoorlik agteroor gegooi en sonder ophou uitbundig gelag van pure genot! Nog ‘n eienskap van Bettie wat uitgewys kan word, is haar liefde om vir siek mense te bid, met haar hande plegtig en biddend voor haar saamgevou: “Sy weet wanneer iemand siek is en ons glo dat haar brabbeltaal as ‘n suiwer gebed voor God opstyg,” het Magrieta gesê, wat deur die ander sprekers bevestig is. Suzanne is hartlik bedank vir die moeite en reëlings vir ‘n spesiale dag vir Bettie.

Hardus Botha

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

GGAP Fun Club Launch in Franskraal | 24–26 September 2026

GGAP Fun Club Launch in Franskraal | 24–26 September 2026

GGAP invites YOU to BOOK THE DATES for Thursday 24 - Saturday 26 September 2026. 

Security, Solar, Electrical and Hardware Supplies

Security, Solar, Electrical and Hardware Supplies

Looking for reliable security, solar, electrical and hardware products? We’ve got you covered!

Rump or Sirloin - Which One Is Your Favourite?

Rump or Sirloin - Which One Is Your Favourite?

When it comes to steak, rump and sirloin are both great choices...

Prime Cuts Meat
Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Spring is here, which means it’s a great time to tackle those painting projects around the house. 

See All Articles