Rus kry ‘Ja-woord’ Bo in Lighuis

Rus kry ‘Ja-woord’ Bo in Lighuis

Gans-Berg Nuus / News

Rus kry ‘Ja-woord’ Bo in Lighuis

Dis nie aldag dat ‘n man sy meisie bo in ‘n Lighuistoring vra om met hom te trou nie - wat nog van ‘n Rus wat net vir ‘n paar dae hier is. Alex en Julia, ‘n vriendskapspaartjie van Rusland, het Suid- Afrika onlangs besoek en sowat vyf dae in Gansbaai spandeer. Alex wou sy vriendin vra om met hom te trou, maar nie sommer so nie - hy wou dit heel bo in die Dangerpoint Lighuis doen - met Julia wat van niks geweet het nie. By Dangerpoint Lighuis aangekom, was Alex baie teleurgesteld - die deure was gesluit. Hy het nie handdoek ingegooi nie en vir Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, gekontak. “Vir my was dit so ‘n mooi en romantiese inisiatief van Alex, dat ek onderneem het om die Lighuis tegaan oopsluit,” vertel Glenda en hulle het op ‘n dag en tyd ooreengekom. Glenda het die paartjie alleen laat boontoe klim en onder vir hulle gewag - met Julia wat steeds van niks geweet het nie.

Met hulle terugkoms is Glenda meegedeel dat Julia ‘gelukkig’ JA gesê het! “Dit was nogal emosionele oomblikke gewees met die tweetjies wat stralend van geluk na onder gekom het,” het Glenda gesê. Nou-ja, twee Russiese besoekers wat Gansbaai beslis nie maklik sal vergeet nie!

Hardus Botha

Rus kry ‘Ja-woord’ Bo in Lighuis

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

A Special Welcome Home

A Special Welcome Home

Our parting moment this week is a quiet video of Sakhe’s mom welcoming him home, full of love and pride.

Grootbos Foundation
Gansbaai Glimlag! Mural #15 is Here!

Gansbaai Glimlag! Mural #15 is Here!

Fabulous Friday indeed!

RUGBY- EN NETBALNUUS

RUGBY- EN NETBALNUUS

Op Donderdag, 15 Mei het die Gansies na Klein Ovies in Caledon gereis vir ‘n dag vol opwinding en spanbou!

Laerskool Gansbaai
Codependency Is Not Love

Codependency Is Not Love

You give, and give, and give… hoping that one day, it will be enough.

How to Support Local Businesses in the Quiet Season

How to Support Local Businesses in the Quiet Season

It feels like yesterday we were rushed off our feet at work, queuing at packed grocery stores...

Xplorio Headquarters
Gans-Berg Newspaper - 16 May 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 16 May 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 16 May 2025!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles