Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Gans-Berg Nuus / News

Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Oud-Gansbaaiers

Ouma Koekie (Johanna) Lourens (85) en haar seun, Dons (Johan) Lourens (62), is onderskeidelik op 10 en 7 Oktober 2024 in Ouma Koekie se huis in Gansbaai oorlede - 3 dae na mekaar. Hulle is oud-Gansbaaiers, veral Ouma Koekie wat hier gebore is. Sy is op 15 Augustus 1939 in Franskraal Karavaanpark gebore en het aan demensie gelei. Dons is op 9 Januarie 1962 gebore en is aan hartversaking oorlede - met nie een van hulle wat ‘n lang siekbed gehad het nie, behalwe dat Dons die laaste tyd hartprobleme ondervind het. Hulle het in die groot Lourens-familiehuis in Gansbaai gewoon.

Ouma Koekie is Heinrich Lourens van Gansbaai se ouma en Dons is dus sy oom. Heinrich is ‘n bekende visserman en is met Tania Lourens van die bekende Ankers Akedemie Nasorg getroud. Gansbaaiers sal onthou van Ouma Koekie en haar eggenoot, wyle Rooibol van toeka-se jare. Sy was een van die baie min oud-Gansbaaiers wat nog gelewe het. Haar ouers was Jan en Ouma Henna Stukke, wat op hulle tyd Gansbaai-legendes was. Oud-Gansbaaiers sal Heinrich se pa, Carl Lourens, onthou, wat ook een van die min oud-Gansbaaiers is wat nog lewe. 

Dons was ook ‘n Trawler, wat later na See Visserye se patroliebote toe is. Hy het voor sy aftrede na Mosselbaai verhuis. Sowat 4 jaar gelede het Dons afgetree en by sy ma in Gansbaai kom woon. ‘n Gedenkdiens is deur ds Dirk van Dyk vir ma en seun, gelyktydig op 26 Oktober 2024, in die NG-kerkgebou gehou, met ‘n privaat verassing daarna. Die byna gelyktydige afsterwe van ma en seun was ‘n groot skok vir die familie.

Hardus Botha

Image 1

Foto 1:
Wyle ‘Koekie’ Lourens.

Image 1

Foto 2:
Wyle ‘Dons’ Lourens.

Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Meet Mike Kemp, a skilled leather craftsman based in De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

We spotted this photo of Pearly Beach Shop, dated 1985, and knew we had to share it!

Xplorio Headquarters
Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

A big congratulations to Julia Barlow and Riaan Mostert, who took part in the Rhodes Half Marathon on 1 May 2026 in Wellington.

Xplorio Headquarters
Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Meet Jeff Batt, a talented artist from De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Here’s a blast from Gansbaai’s past! Take a look at this hilarious vintage photo sent to us by Arend de Waal.

Xplorio Headquarters
Stanford’s Cove Beach Photo 1990

Stanford’s Cove Beach Photo 1990

We found this vintage photo of summer in full swing, taken at Stanford’s Cove on 31 December 1990. 

Xplorio Headquarters
See All Articles