Walker Bay Darts Klub Skitter op die Afrika Kontinentale Toer
Plaaslike ‘Dartshelde’ het hul merk by die Afrika Kontinentale Toer in Roodepoort gemaak en gewys waartoe hulle in staat is. In Maart 2024 het 'n opwindende reis vir vier toegewyde dartsspelers van die Walker Bay Darts Klub begin. Johan Geldenhuys, Martin van Staden en Sonja van Rensburg het 'n ambisieuse veldtog aangepak om aan die Afrika Kontinentale Toer (ACT) te gaan deelneem - teen verskeie Topspelers regoor Suid-Afrika.
Die ACT1 in Maart het die jaar se kompetisie-seisoen afgeskop. Na 'n uitstekende vertoning het Johan Geldenhuys 'n plek verwerf om saam met Cameron Carolissen Suid-Afrika in die PDC Wêreldbeker in Duitsland te verteenwoordig. Later het Johan en Martin aan die ACT4 in Kimberley deelgeneem, waar Johan die wenplek behaal het en Martin in die rangorde gevorder het.
Die mees onlangse kompetisie, ACT5, het van 18 tot 20 Oktober 2024 in Roodepoort, Gauteng, plaasgevind. Yanka Mans het vir die eerste keer by die toer aangesluit en het vars entoesiasme aan die groep gebring. Die groep se reisuitgawes is deur die ruim ondersteuning van plaaslike borge Afrikanos, Harbour on Deck en Gansbaai Ingelegde Produkte gedek - dit het gesorg het vir wonderlike pryse in 'n fondsinsamelings-darts-kompetisie en 'n lootjies-verkope, asook die toegewyde ondersteuning van vriende en familie.
Hulle het vroeg op Donderdag, 17 Oktober 2024 vertrek. Teen Vrydag was die toernooi in volle swang, met spelers van oor die hele Suid-Afrika en ander dele van Afrika wat opgedaag het. Die wedstryde het om 15:00 begin en die spelers het gestoei vir plekke in die Top 32. Johan, Martin en Sonja het goed gevorder en teen Saterdag het Johan 'n plek in die Top 16 vir homself verseker - uiteindelik het hy die eerste plek behaal. In die Damesafdeling het Yanka en Sonja die kwarteindrondte gehaal. Sonja is uitgeskakel, met Yanka wat tot die halfeindrondte gevorder het en 'n sterk vertoning gelewer het voordat sy ‘n oorwinning net-net gemis het.
In die ADC-gebeurtenis het al vier spelers teen van die sterkste mededingers in ACT darts meegeding. Martin, Yanka, en Sonja het vroeg uitgeval, met Johan wat deur elke rondte gevorder het gewen het. Met hierdie oorwinning kwalifiseer hy vir die ADC Global Championship in Engeland in Desember vanjaar - ‘n geleentheid om internasionaal mee te ding en Suid-Afrika op die wêreldverhoog te verteenwoordig.
Volgende op die horison is ACT6, wat van 15 tot 17 November 2024 in Kaapstad gehou sal word. Hierdie geleentheid sal die finale deelnemers vir die Groot Finaal bepaal, met die Top 32 gemengde groep en Top 16 dames wat deurgaan in die Vroue afdeling. Ons spelers verskyn soos volg op die Afrika Kontinentale Toer se algehele ranglys, met 214 spelers regoor die vasteland:
Johan Geldenhuys, 1,520 punte, 2de plek; Martin van Staden, 80 punte, 59ste plek; Sonja van Rensburg, 60 punte, 75ste plek; Yanka Mans, 20 punte, 144ste plek.
In die Damesreeks, uit 49 mededingers: Yanka Mans, 250 punte, 14de plek; Sonja van Rensburg, 240 punte, 20ste plek. Hierdie vier bekwame spelers verskyn op die kontinentale verhoog en dra by tot die plaaslike Walker Bay Darts Klub. Hulle neem deel aan die Winterliga van Maart tot Oktober en die Somerliga van November tot Februarie.
Volg die African Darts Group op Facebook vir opdaterings oor hul reis en om die ACT-reeks te volg. Om by die Walker Bay Darts Klub aan te sluit, stuur ‘n e-pos aan walkerbaydartsclub@gmail.com.
Sonja van Rensburg