Die Wheelie Bunch

Die Wheelie Bunch

Gans-Berg Nuus / News

Image

Die Wheelie Bunch

‘n Kosbare Terugploeg-projek

“Manie Veldman, ‘n bekende inwoner van Gansbaai, herstel tans ná twee breinoperasies en is nog rolstoel-gebonde,” vertel Rita Grotsius-Delport, ‘n lid van die vrywilligers-organisasie, The Wheelie Bunch. “Manie glo hy was geseënd om na altwee operasies al die hulpmiddele tot sy herstel beskikbaar te kon hê.” Rita vertel dat Manie mense op sy pad teegekom het wat nie so bevoorreg soos hy was nie. Manie se vrou, Elsie, is sy groot ondersteuner en regterhand. “Die Here het ‘n droom in sy hart gelê om iets terug te ploeg wat sal bydra tot ander gestremdes se lewens.” So is híérdie Terugploeg-projek gebore.

Die Wheelie Bunch beplan ‘n tweede byeenkoms te Groeneweide wat op Maandag, 16 Desember 2024 plaasvind - Disability Awareness Day. Manie en Rita sal daar wees en hulle beplan sommer ‘n groot en suksesvolle feestelikheid. Om hulle op daardie dag te vrywillig te ondersteun, sal ‘n betekenisvolle bydrae tot Disability Awareness Day, maar veral vir Groter Gansbaai se gestremde persone - maak seker dat u daar opdaag.

Manie, wat ook ‘n skilder van formaat is, is deur Franskraal Art Route uitgenooi om sy skilderye tydens hulle kunsuitstalling ten toon te stel. Die uitstalling is die Eilandhuisie (voormalige Strandveld Museum) en hulle amptelike opening is op Vrydag, 13 Desember 2024.

Die vorige Wheelie Bunch saamtrek te Groeneweide was in Maart vanjaar en was ‘n reuse sukses. Sedertdien tot November 2024, het hulle die volgende items van vrywilligers ontvang, wat reeds aan gestremde persone oorhandig is: 1 x rolstoel; 1 x loopraam; 1x 4-poot kruk; 2 x houtgekerfde kieries; 1 x stel krukke. Items wat nog oorhandig moet word, is: 1x mans-rolstoel (bande moet vervang word), 1 x dames/kind-rolstoel; 2 x stel krukke; 2 x houtgekerfde kieries; 1 x loopraam. “Ons het ook oogtoetse vir gestremdes op ons The Wheelie Bunch Groep gereël en die meeste van hulle het ‘n gratis bril ontvang,” vertel Manie.

“Ons hoofdoelwit met hierdie fondsinsamelings-projek, waaraan mense vrywillig kan deelneem, is om fondse te bekom vir gestremde persone van die gemeenskap van Gansbaai om voorsiening te maak vir noodsaaklike hulpmiddels,” het Manie gesê. Die hulpmiddels waarna hy verwys, is rolstoele, looprame, krukke, kieries, bedrame, bedlere (rope ladders) en glyborde (sliding boards). Hulle benodig ook persoonlike items, soos urine bottels (mans en vrouens), bedpanne, volwasse doeke en linen savers. 

Navrae kan aan Manie Veldman by 078 394 8708 gerig word, of skakel Rita Grotsius-Delport by 084 444 2023, of stuur ‘n epos aan manieveldman3@gmail.com.

Hardus Botha

Die Wheelie Bunch

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Meet Mike Kemp, a skilled leather craftsman based in De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

We spotted this photo of Pearly Beach Shop, dated 1985, and knew we had to share it!

Xplorio Headquarters
Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

A big congratulations to Julia Barlow and Riaan Mostert, who took part in the Rhodes Half Marathon on 1 May 2026 in Wellington.

Xplorio Headquarters
Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Meet Jeff Batt, a talented artist from De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Here’s a blast from Gansbaai’s past! Take a look at this hilarious vintage photo sent to us by Arend de Waal.

Xplorio Headquarters
Stanford’s Cove Beach Photo 1990

Stanford’s Cove Beach Photo 1990

We found this vintage photo of summer in full swing, taken at Stanford’s Cove on 31 December 1990. 

Xplorio Headquarters
See All Articles