Personeelnuus by Laerskool Gansbaai 2025
Ons het 'n paar opwindende veranderinge in ons Gansiefamilie:
Afskeid geneem:
Mnr Dawie van Graan het ons einde Desember 2024 verlaat om 'n pos in sy tuisdorp, Worcester, te aanvaar.
Welkom aan boord:
Mev Marna Beets het hierdie jaar by ons aangesluit as Gr 4-onderwyseres (Gr 4.2). Ons is baie bly om haar in ons span te hê!
Groot nuus!
Mnr Mario Leemans (Gr 5.1) en Mev Ankia Leemans (Gr 6.1) verwag 'n babadogtertjie - 'n spesiale nuwe toevoeging tot die Gansiefamilie in Junie 2025.
Ons wens ons personeel alles van die beste toe vir die nuwe jaar!