Blog

Sentimentele trouring opgespoor...

Sentimentele trouring opgespoor...

Gans-Berg Nuus / News

Sentimentele trouring opgespoor...

en aan eienaar terugbesorg

‘n Suid-Afrikaans-gebore egpaar van London, Philip en Helette Morkel, se jaarlikse vakansieplek is Onrus en dan bly hulle sommer so 6 of 7 weke daar om by altwee se ouers te kuier. Vanjaar se vakansie het so byna-byna in ‘n katastrofe met Philip se trouring opgeëindig - nadat dit op Onrus se strand verlore geraak het.

Op Saterdag, 7 Desember 2024 was die egpaar en hul kleinding weer strand toe. “Phillip het gewig verloor en sy ring is te groot vir hom,” het Helette gesê. “Hy het dit vir my gegee om te hou en ek het dit om my duim gesit met die doel om dit later veilig weg te bêre.” ‘n Vriendin van Helette van Mosselbaai, Lana, se 5-jarige dogtertjie, Aisla, is onverhoeds deur ‘n golf betrap. Sy het groot geskrik, haar swembroekie was vol sand en sy het benoud geskree. Helette en Lana het opgespring om te help en aandag aan Aisla te gee. Vermoedelik het sy Philip se trouring in die proses verloor. Hulle het eers ‘n paar dae later agtergekom dat Philip se ring weg is. 

Intussen het Simeon Botha (17) van Vermont, twee dae later op 9 Desember 2024, op Onrus se strand met sy metaalverklikker (Vanquish 340 - Minelab), wat hy op 13-jarige ouderdom as ‘n geskenk ontvang het, rondgestap. Hy spoor toe die ring so ±25cm onder die sand op. “My eerste woorde aan my pa was dat ek baie graag die ring aan sy wettige eienaar sal wil terugbesorg,” het Simeon gesê.

Opsporing van eienaar

Willem Botha, Simeon se pa, sê hy werk bykans nooit op FaceBook nie, maar het tog besluit om die ring, insluitend foto’s, op 12 Desember 2024 op Onrus se groep te plaas (post). Die voorwaarde was dat die eienaar van ring moet kan sê wat is die inskripsie wat aan die binnekant van die ring aangebring is.

Philip vertel dat hulle die post eers 6 dae later gesien het, nadat hulle vriendin, Lana, hulle daarvan vertel het. Lana het Willem via FaceBook gekontak en gesê sy dink die ring behoort aan haar lewenslange vriendin se man. Die egpaar het kort daarna by Willem en Marelize Botha, Simeon se ouers in Vermont, opgedaag. Hulle kon die korrekte inskripsie aan die binnekant van die ring verskaf: ‘P ♥ H ♥ N’ - Philip, Helette, Nicolette, en die verlore trouring is met groot dankbaarheid teruggekry.

Aan huis van die Botha-egpaar, is daar soos ‘ou’ vriende heerlik gekuier en gesels. “Die ring kan wel maklik vervang word, maar nie die sentimentele waarde wat ons daaraan heg nie,” het Helette gesê. Simeon het aan hulle verduidelik hoe hy met sy metaalverklikker te werk gaan en wat hy al alles ‘ontdek’ het. “Die ring is my eerste waardevolle item wat ek gevind het,” het Simeon gesê. Die Morkel-egpaar het hom met die tong-in-die-kies ‘n ‘Tressure Hunter; genoem.

Die laaste deel van die verhaal het eweneens ‘n mooi einde. Op Sondag, 12 Januarie 2025, het Simeon en sy susters, Abigail en Clarabelle, asook laasgenoemde se maaitjie, Grace, by Onrusstrand gaan roomys koop. Die man kyk toe na Simeon se metaalverklikker en vra wat hy al alles opgespoor het. Simeon vertel die trouring-verhaal aan hom. “Ek het net ‘n medium roomys bestel, maar die oom gee toe sommer 2 draairoomyse ekstra en sê: ‘Welgedaan, jongman!”

(Berig: Simeon se trotse oupa)

Hardus Botha

Sentimentele trouring opgespoor...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Coming Back to Yourself

Coming Back to Yourself

It’s surprising how many people don’t know what they want.

Custom Roller Blinds Installation in Seaview Avenue

Custom Roller Blinds Installation in Seaview Avenue

Roller blinds in Colour Mercury, custom-made and expertly installed in Seaview Avenue.

@UR Service
OGG Breakfast Meeting Highlight - Dr Sue Winkler

OGG Breakfast Meeting Highlight - Dr Sue Winkler

Dr Sue Winkler recently presented on the large-scale structures and geodynamics of Western Gondwana...

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
See All Articles