Marciel Hopkins-Lourens gesels oor swangerskap

Marciel Hopkins-Lourens gesels oor swangerskap

Gans-Berg Nuus / News

Image

Marciel Hopkins-Lourens gesels oor swangerskap

Marciel Hopkins-Lourens was rustig tydens ‘n gesprek met die Gans-Berg Nuus oor haar swangerskap. Lesers sal onthou dat verskeie berigte oor die afgelope jare al in ons plaaslike koerant oor hierdie model, TV-aanbieder en voormalige aanbieder van ‘Boer soek ‘n Vrou’ geplaas is - alles het begin kort nadat sy as een van die 12 Finaliste vir Mej Suid-Afrika in 2015 aangewys is, waarna sy in Uilenkraalsmond, haar gunsteling vakansieplek, kom ontspan het. Daar het die Gans-Berg Nuus op persoonlike vlak met haar kennis gemaak. 

“Ek is tans 17 weke swanger en, presies net soos ons daaroor gedroom het, sluit ‘Baba Hopkins-Lourens’ einde Junie vanjaar by ons aan - met die bondeltjie vreugde wat groei en my reeds op my tone hou,” het Marciel opgewonde in haar stemboodskap aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Die Here het só duidelik met my hart gepraat oor die volgende seisoen van my lewe, so ons het groot gedroom oor hierdie baba-blessing en ons is gereed vir die avontuur van 'n leeftyd wat voorlê!”

Marciel sê hulle het reeds in Oktober 2024 geweet van die swangerskap, maar het besluit om dit nie dadelik bekend te maak nie, maar eers in Januarie 2025. Die egpaar, wat op 9 April 2022 in die huwelik bevestig is, het net hulle binnekring-vriende en familielede van die swangerskap vertel. Hulle het eers, soos vorige jare, Kersfees saam met haar ouers in Uilenkraalsmond gevier. Die geslag van die nuweling is op 24 Desember 2024 aan haar ouers bekendgemaak - “Ek was 13 weke verwagtend en dit was baie spesiaal, aangesien die bekendmaking net ‘n dag na ons ontmoeting van 9 jaar gelede was,” het Marciel gesê. “Tot op 13 weke het ek maar gereeld bietjie ‘normaal’ olik gevoel, maar van 14 weke af is ek weer baie positief en vol energie en lus vir mense!” (Die geslag van die baba sal op ‘n later stadium aan die media bekendgemaak word) 

Op 9 Desember 2015 het sy en Handré Lourens mekaar ontmoet, op 22 Desember 2015 het hulle koffie saamgedrink en die volgende dag, 23 Desember 2015, was die spreekwoordelike ‘koeël deur die kerk’. “Ons vier daardie ontmoeting nog elke jaar op 23 Desember,” vertel Marciel. Sy sê nou begin die voorbereidings vir die nuwe aankomeling, soos ‘n baba-kamer, ‘n ander voertuig en wat nie nog alles nie. “Ons sien baie uit na 2025 se feeseisoen in Uilenkraalsmond, dit sal ons eerste Kersfees as ‘n volledige gesinnetjie wees!” het sy die Gans-Berg Nuus opgewonde meegedeel.

Die Redaksie van Gans-Berg Nuus wens Handré en Marciel van harte geluk met die goeie nuus van ‘n nuwe aankomeling. Ons sien daarna uit om weer by haar aan die einde van die jaar in Uilenkraalsmond te gaan kuier. 

(Foto’s: Marguerite & Roy Photography)

Hardus Botha

Marciel Hopkins-Lourens gesels oor swangerskap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles