Die 'Sonvinders' se gesellige samesyn

Die 'Sonvinders' se gesellige samesyn

Gans-Berg Nuus / News

Image

Die 'Sonvinders' se gesellige samesyn

Die 'Sonvinders' is beslis 'n gepaste naam wat Fanie Bothma van Franskraal vir sy en sy eggenote, Judy, se jarelange vriendekring uitgedink het. Hulle is 'n klein groepie vriende, voorheen almal bekendes van Gansbaai, wat oor jare heen saam kampeer het, 'n kampeerdery wat 'n tradisie geword het - veral teen die middel van Februarie met Valentynsdag.

Die groepie vriende ter sprake is:

*Francois en Deonora de Jong, voormalige eienaars (stigters) van die destydse gedrukte Gansbaai Courant. Die egpaar het sowat 5 jaar gelede na Sedgefield verhuis.

*Pieter en Ans Scholtz, met Pieter wat baie jare by Overstrandse Munisipaliteit in bestuursposte betrokke was, asook die Overstrandse Onderburgemeester. Die egpaar het sowat 11 jaar gelede eers na die Noorde verhuis, maar is nou lank reeds inwoners van Mosselbaai.

*Kobie en Marie van Wyk is eweneens bekende oud-Gansbaaiers. Kobie was die eienaar van die destydse Fine & Country Eiendomme en die egpaar het sowat 11 gelede na Centurion, Pretoria verhuis.

Al vier egpare was aktief in die gemeenskap betrokke en was alombekend in Gansbaai. “Ek en Kobie was aktiewe lede van die destydse Gansbaai Sakekamer, met Pieter wat ook betrokke was en Francois wat via die media ons dryfveer was en ook die gemeenskap en sakelui op hoogte van sake gehou het,” vertel Fanie.

Vanjaar se samesyn is aan Judy te dankie. “Ons was verlede jaar by Francois en Deonora en het onder andere oor ons jaarlikse kampeerdae gesels,” het Fanie gesê. “Net daar besluit Judy dat ons dit vanjaar weer oor Valentynsnaweek moet doen en dat almal in ons huis kan kom 'kampeer' soos voorheen in karavane.” So het die drie egpare 'van buite' op Valentynsdag opgedaag en het die heerlike samesyn soos van ouds sommer in die Bothma-egpaar se huis voortgesit.

“Ons vier toe terselfdertyd sommer almal se verjaarsdae gedurende hierdie tydperk,” het Fanie verduidelik. Meeste van hulle verjaar so rondom Valentynsdag en dan is daar enkeles wat met hierdie verjaarsdae by gelyke getalle uitgekom het: Kobie in Oktober verlede jaar 80 en Marie in November 78; Francois in Maart 74 en Deonora in Desember verlede jaar 70; Fanie in Februarie 73 en Judy in Januarie 70; Pieter in Maart 80 en Ans, wat met hulle aankoms op 14 Februarie, Valentynsdag, haar 75ste verjaarsdag gevier het.

Almal in die vriendekring is die eens dat die kuier die moeite werd en baie gesellig was. Saterdag, 15 Februarie het hulle 'n gesellig piekniek anderkant Pearly Beach langs die see gehou. “Ek het gereël dat ons met 4x4's ry, want ek het gesorg dat ons net bospaadjies en 4x4 roetes volg,” het Fanie gesê. Sondag is hulle na Pearly Beach Bierbrouery vir 'n gesellige en smaaklike middagete. Die De Jongs, Scholtze en van Wyks het gevra dat die Gans-Berg Nuus groete aan al die bekendes in Gansbaai en omgewing sal oordra. Ongelukkig kom alle wonderlike en lekker dinge ook op 'n einde en gedurende Maandag en Dinsdag het die kuiergaste weer huiswaarts gekeer - met getroue onderlinge kontak, soos oor jare heen, wat altyd staande sal bly.

Hardus Botha

Die 'Sonvinders' se gesellige samesyn

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Meet Mike Kemp, a skilled leather craftsman based in De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

We spotted this photo of Pearly Beach Shop, dated 1985, and knew we had to share it!

Xplorio Headquarters
Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

A big congratulations to Julia Barlow and Riaan Mostert, who took part in the Rhodes Half Marathon on 1 May 2026 in Wellington.

Xplorio Headquarters
Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Meet Jeff Batt, a talented artist from De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Here’s a blast from Gansbaai’s past! Take a look at this hilarious vintage photo sent to us by Arend de Waal.

Xplorio Headquarters
Stanford’s Cove Beach Photo 1990

Stanford’s Cove Beach Photo 1990

We found this vintage photo of summer in full swing, taken at Stanford’s Cove on 31 December 1990. 

Xplorio Headquarters
See All Articles