Afrikaans se 100-jarige Feesviering

Afrikaans se 100-jarige Feesviering

Gans-Berg Nuus / News

Afrikaans se 100-jarige Feesviering

Op 8 Mei 2025 sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans 'n amptelike taal van Suid-Afrika geword het - vandaar die besluit om vanjaar 'n 100-jarige feesviering aan te bied.  Ons praat en skryf Afrikaans al vir honderde jare, wat dus beteken dat die taal baie ouer as 100 jaar is - maar op 8 Mei 2025 vier ons ons 100ste verjaarsdag as amptelike taal.  Dié veldtog, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), word deur 'n wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies ondersteun.

Die organiseerders het reeds op 8 Mei 2024 met 'n jaar se plesierigheid afgeskop wat tot 8 Mei 2025 duur.  Dan sal Afrikaans se 100ste verjaarsdag amptelik by die Taalmonument in die Paarl gevier word.

Die inisiatief deur die organiseerders het die volgende doelstellings om hierdie mylpaal te gedenk:

Ons vier die bestaan van Afrikaans as amptelike landstaal as ʼn mylpaal binne haar baie langer bestaan, as ʼn groep mense wat lief is vir die taal; Ons ondersteun Afrikaans as ʼn inklusiewe taal met ʼn diverse herkoms wat deur mense van alle rasse, etniese en kultuurgroepe gepraat en gebruik word; Ons verbind onsself tot die groei van Afrikaans en gee trots erkenning aan die bydrae wat dit tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap maak sonder om in politiek betrokke te raak; Ons vier die bydraes wat Afrikaans op talle gebiede maak, soos die kunste, literatuur, onderwys, musiek en akademiese navorsing (om maar ʼn paar te noem). 

Verkorte agtergrond:

Nederlandse skepe het reeds sedert 1690 by die Kaapse kus aangedoen en met die inheemse Khoi-Khoin stamme begin kommunikeer.  Hulle het Hollandse woorde aangeleer - kon dit dalk reeds die begin van Afrikaanse gewees het?  Khoi-Afrikaans is vanaf 1995 vir die volgende 50 jaar tot by die vestiging van die Verversingstasie aan die Kaap, gepraat.

In 1652 het Jan van Riebeeck met sowat 90 Nederlandse koloniste in die Kaap voet aan wal gesit.  Hulle sou weldrae met Khoi-Afrikaans kennis maak.  Gedurende die volgende sowat 3 jaar, het al hoe meer 'Afrikaans-geneigde' woorde ontstaan - dit was nie Nederlands nie, dit was Khoi-Afrikaans.  Met Maleisiese invloed wat bygekom het, is daar teen ongeveer 1700, sowat 50 jaar na Jan van Riebeeck se koms, 'n eiesoortige Nederlandse dialek ontstaan, bekend as Kaaps-Hollands of Krom-Hollands - dit word beskou as die voorfinale fase in die ontwikkeling van Afrikaans.  Daarna volg veel meer oor die ontwikkeling van Afrikaans.

Afrikaans is dus baie ouer as 100 jaar, maar op 8 Mei 1925, 100 jaar gelede, is Afrikaans amptelik, naas Engels, as een van Suid-Afrika se twee amptelike tale bekragtig en dít word vanjaar gevier.

Hardus Botha

Afrikaans se 100-jarige Feesviering

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Leather Repairs and Custom Leatherwork Gansbaai

Meet Mike Kemp, a skilled leather craftsman based in De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

Vintage Pearly Beach Shop Photo 1985

We spotted this photo of Pearly Beach Shop, dated 1985, and knew we had to share it!

Xplorio Headquarters
Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

Julia Barlow and Riaan Mostert Complete Rhodes Half Marathon

A big congratulations to Julia Barlow and Riaan Mostert, who took part in the Rhodes Half Marathon on 1 May 2026 in Wellington.

Xplorio Headquarters
Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Custom Rock Art by Jeff Batt in De Kelders

Meet Jeff Batt, a talented artist from De Kelders, Gansbaai.

Xplorio Headquarters
Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Historic Gansbaai Boarding House Photo from the 1940s

Here’s a blast from Gansbaai’s past! Take a look at this hilarious vintage photo sent to us by Arend de Waal.

Xplorio Headquarters
Stanford’s Cove Beach Photo 1990

Stanford’s Cove Beach Photo 1990

We found this vintage photo of summer in full swing, taken at Stanford’s Cove on 31 December 1990. 

Xplorio Headquarters
See All Articles