Blog

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Saterdag, 26 April 2025 kan as 'n enorme sukses vir die 4deToeks Moore Ope Jukskeidag beskou word - daar was nie minder nie as 17 spanne wat ingeskryf het nie - van heinde en verre! Gansbaai Jukskeiklub was die gasheer en spanne van Worcester, Groenberg, Danabaai, Oudsthoorn, Stilbaai, Mosselbaai, Westelike Provinsie, Strandkloof en, glo dit of nie, Franskraal Rolbalklub. Pieter Moore het die Gans-Berg Nuus meegedeel dat die klubbestuur dit as 'n groot voorreg beskou.

Die onderskeie spanne het in A-, B- en C-afdelings teen mekaar meegeding.

Wenners:

A1 - Voltallig; A2 - Astros; A3 - Jack & Jill.

B1 - Danabaai; B2 - Worcester; B3 - Franskraal Rolbalklub.

C1 - Lekkerbek; C2 - Danabaai; C3 - Oudsthoorn.

“Graag wil ons ons hoofborge vir hulle bydraes bedank: Campbell Fresh, Gansbaai Superspar, Sizisa Sand, Stone & Gravel, asook al ons ander borge,” het Pieter Moore gesê. “Dankie aan ons ou staatmaker, Dyer Eiland Visserye, wat ys vir die dag en die seisoen skenk. Ons dank ook aan ons Hemelse Vader vir 'n perfekte dag om ons sport te kon beoefen.”

Toeks Moore Opedag

Lesers mag dalk wonder oor die oorsprong van die jaarlikse Toeks Moore Opedag. Die Gans-Berg Nuus het bietjie navraag gedoen. Pieter Moore van die klub se eggenote, Toeks, is op 4 Julie 2021 oorlede. Sy was nie net aktief by die klub betrokke nie, maar was 'n voorslag Jukskeispeler: Junior-, WP-, Senior Sentraal-, Oos-Transvaal- en Overberg-Kleure. In 2016 verwerf Toeks ook haar SA Kleure. Sy het vir bykans 20 jaar (2002-2021) op die Gansbaai Bestuur gedien en in 2021 word die Overberg Sport Ererol Toekenning aan haar gemaak vir haar groot bydrae tot die Jukskei-sport.

Hardus Botha

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles