Blog

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

Gans-Berg Nuus / News

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

Die bekende J&A Paneelkloppers van Jan van Tonder in die Industriële gebied, wat op 20 Februarie 2024 oorlede is, het nuwe eienaars gekry - Caven (direkteur) en sy eggenote, Jennifer (mede-eienaar) Pietersen. Die egpaar het die besigheid op 1 Maart 2025 by Jan se eggenote, Marlene van Tonder, oorgekoop en het besluit om die naam onveranderd te behou.

Caven is 'n ou bekende in die besigheid en het baie jare vir Jan gewerk en later as bestuurder waargeneem as gevolg van Jan se gesondheid. Na Jan se afsterwe, het Caven die besigheid bestuur. Marlene het besluit om die besigheid te verkoop en Caven, met sy jarelange ondervinding, en Jennifer, was die ideale kopers.

Nadat die egpaar die besigheid op 1 Maart 2025 oorgeneem het, het Caven al die personeellede vervang en met 'n nuwe struktuur en strategie begin. Caven het hom in 1990, sowat 25 jaar gelede as 'Spray Painter' gekwalifiseer, nadat hy sy ambag by Worcester Bakwerke voltooi het. “Ek is eintlik al van skooldae af by paneelklopwerk betrokke,” vertel hy.

Die egpaar is 'ou' Gansbaaiers en is aan baie gemeenskapslede bekend. “Ek en Jennifer is nie net hier om paneelklopwerk aan Gansbaai en omgewing te bied nie,” het Caven gesê. “Ons wil ook in die gemeenskap met liefdadigheidswerk, soos onder andere om by skole met verversings of kospakkies tydens spesifieke geleenthede betrokke raak.” Hierdie entoesiastiese egpaar beplan om die sukses van J&A Paneelkloppers nog verder uit te brei. “Ons hernu onder andere ook meubels, yskaste en staalwerke wat geroes is,” het Jennifer gesê. “Ons streef daarna om net die beste diens en eindprodukte te lewer.”

Caven en Jennifer van J&A Paneelkloppers kan onderskeidelik by 072 244 8986 / 082 447 3839 gekontak word. Die kantoornommer is 028 007 0283, of stuur 'n epos aan japanelbeaters@gmail.com.

Hardus Botha

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles