Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Gans-Berg Nuus / News

Image

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Wêreld Fotografiedag word die afgelope 35 jaar op 19 Augustus wêreldwyd gevier om die dag toe die Daguerrotipe patent aan alle fotograwe beskikbaar gestel is, te gedenk - dit het die era van moderne fotografie ingelei. Gedurende Augustusmaand vanjaar word fotografie wêreldwyd gedenk en in Suid-Afrika sal die kollig helder op die Overstrand val - in Struisbaai, asook in die Bredasdorp Skeepswrakmuseum.

Drie belangrike gebeure van belang vir fotograwe en belangstellendes vind gedurende Augustusmaand plaas: die jaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse verteenwoordigende fotografiese organisasie, Photographic Society of South Africa (PSSA), word van 11 tot 15 Augustus 2025 in Struisbaai in die NG Kerk Suidpunt aangebied; 'n uitstalling van 70 fotos, wat gekies is ter viering van die 70ste bestaansjaar van PSSA, sal die hele maand in die Bredasdorp Skeepswrakmuseum gesien kan word; 'n kompetisie is van stapel gestuur om 'n nuwe logo vir PSSA te ontwerp en sluit op 31 Augustus 2025, met R15 000 op die spel vir die wenner.

Die kompetisie waarna verwys is, is 'n verdere viering van PSSA se 70ste bestaansjaar - 'n nuwe logo vir die organisasie moet ontwerp word. Die kompetisie is oop vir almal en dit hoef nie 'n professionele ontwerper te wees nie. Die oogmerk is om 'n nuwe, innoverende, logo te vind wat dadelik herkenbaar sal wees as die embleem van 'n oorkoepelende, verteenwoordigende, fotografiese vereniging. Die kompetisie sluit 31 Augustus 2025 en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie. Inskrywings is gratis. Die webtuiste vir PSSA se geskiedenis is: www.pssa.co.za. Vir reëls en inskrywingsvorms, besoek https://pssa.co.za/pssa-logo-competition/. 

Elf vooraanstaande sprekers en kaartjies om die museum in Bredasdorp te besoek, asook fotografie-uitstappies is ook deel van die reëlings. Die kongres is oop vir alle belangstellendes en nie net vir PSSA-lede nie. Vir meer inligting kontak Nicol du Toit: nicol@sportstrader.co.za of 082 377 8285, of Trudi du Toit: trudi@sportstrader.co.za of 082 572 6127.

Die Gans-Berg Nuus sal teen die einde van Julie 2025 'n verkorte weergawe van hierdie berig plaas om belangstellendes aan die besonderse geleentheid te herinner.

Hardus Botha

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

The Horticulture Skills students enjoyed a power tool demonstration by Husqvarna...

Grootbos Foundation
Living Rich: The Power of Self-Love

Living Rich: The Power of Self-Love

Make your goal one of Living Rich.

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Beautiful styles, beautiful pieces and everything you need to add a little something special to your summer wardrobe.

Komtessa Boutique
LEARN TO PRIORITISE YOU

LEARN TO PRIORITISE YOU

Learn to prioritise you - commit to yourself.

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

One of our job pathway programmes begins in the Life Orientation classes of 2 local high schools...

Grootbos Foundation
HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be visiting various communities across the Overstrand during September...

See All Articles