Voet in die visblik

Voet in die visblik

Gans-Berg Nuus / News

Voet in die visblik

Sedert my onthou staan die reuse visblik in Gansbaai Marine se voortuin. Dis net haar rok wat wissel van krismisblink tot begrafnisvaal. Dat sy van naam verander het, wys dat sy iewers op 'n dag getrou het. So af en toe dink iemand genoeg van haar om vir 'n foto om haar lyf te vat, maar andersins leef sy maar 'n eensame lewe.

Your Lucky Star, California was die begin van die visinlegindustrie in 1930 en het wêreldwyd uitgevoer. In 1937 is die handelsnaam Glenryck in Suid-Afrika geregistreer. Die naam is gegenereer vanaf ene Jamie Jameson, 'n Kapenaar, se kinders se name t.w. Glenda en Derryck. 

In 1940 stort die Kaliforniese mark in duie weens oor uitbuiting van die bronne en die South African Pelagic Fishing Industry bring die Kaliforniese toerusting na Walvisbaai. 1950 sien die koms van Federated Fish Packers Pty Ltd met Glenryck Pilchards en Saldanha Pilchards as handelsmerke. In 1959 bekom FFP die handelsnaam Your Lucky Star en verander dit na Lucky Star. FFP word Federal Marine Ltd, wat die bogenoemde handelsmerke vervaardig en versprei. Dit vind plaas in die vroeë 1960's toe Gansbaai Marine ook tot standgekom het.

Die naam wat egter nêrens in hierdie anale genoem word nie, is die van Christopher Harry Dorrien Venn. Dorrien Venn, soos wat hy tot vandag toe bekendstaan, is in 1942 in Rondebosch gebore. Die van Fenne kom vir die eerste keer voor in die pyprekords van Devon, Ierland in die jaar 1176. Die oorsprong van die van Fenne is afgelei van die rivier-en moerasgebied waar die familie gebly het en trouens hulle eie stam gehad het.

Die Venn familie moes van die eerste Britse Setlaars gewees het om aan die Kaap te kom vestig, gegewe die geboorteregisters van daardie tyd. Ek kon egter geen skeepsrekord opspoor nie.

C.H.Dorrien Venn het op 38-jarige ouderdom, op 29 Augustus 1980 die maatskappy Poseidon Sea Products (Pty) Ltd (M1980007693) gestig saam met NVT Group Administration Services (Pty) Ltd.

Dalk was dit 'n opportunistiese besigheidsbesluit in die lig daarvan dat Federal Marine in daardie jaar weens hoë aanvraag en lae produksie moes begin om geblikte vis in te voer? Hoe sal ons weet?

Venn het 'n kleinerige fabriek met 'n lanseringstrook by Romansbaai gebou en later uitgebrei na die gebou op die hoek van Van Dykstraat en Fabriekstraat in Gansbaai. Presies hoe lank hierdie onderneming lewensvatbaar was, weet ek nie, maar hy was direkteur/aandeelhouer in baie marine produksiebedrywe:- Federated Fish Packers ; Trawl Tech; John Ovenstone Walvis Bay; Walvis Bay Canning; River Holdings; Glenryck Foods; Premier Foods; Ovenstone Industries en Tristan da Cunha Fishing Co, om maar 'n paar te noem. Dorrien Venn besit saam met Ovenstone aandele in die MV Edinburgh, 'n 1085ton fabriekboot vir kreefvangste rondom Gough-, Nightingale- en Inaccessible-eilande. Buiten die langlyn fuike is die boot ook toegerus met kragbote wat met potte kreef vang en sy kan 12 passassiers vervoer tydens rondomvaarte van twee maande tussen Tristan en Kaapstad. Eienaardig is hierdie boot te water gelaat in dieselfde jaar wat Venn Posiedon hier in Gansbaai begin bedryf het.

Christopher Harry Dorrien Venn het sy voete in 'n hele paar visblikke gehad. Miskien moet die beeld van Poseidon by Kleinbaai se lanseerplek aan hom opgedra word.

Bronne: b2bhint.com / information.service.gov.uk / highland history and culture / tristandc.com/ crunchbase.com / glenryck.co.za / luckystar.co.za / “The fishery and biology of the rock lobster Jasus Tristani at the Tristan da Cunha Island Group” – James Patrick Glass © Cape University of Technology Aug 2014

Carine Badenhorst

Voet in die visblik

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles