Blog

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Die jaarlikse induksie, of te wel Presidentsinhuldiging, van Gansbaai Lionsklub se nuwe Lionpresident op Saterdag, 7 Junie 2025 in die Great White House, was vanjaar 'n prestige geleentheid, maar gesellig soos altyd. Pieter de Vries is vir 'n tweede termyn as Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident sedert 1987 vir die termyn 2025-2026 deur Distriksgoewerneur Jose Braga Borges ingehuldig. Wat vanjaar se geleentheid nog meer spesiaal gemaak het, is dat die inhuldiging op Lions Internasionaal se Stigtingsdatum 107 jaar gelede plaasgevind het.

Lion Gert Louw was seremoniemeester en het die verwelkoming behartig. Die jaarlikse inhuldiging van 'n Lionpresident is 'n plegtige geleentheid wat bepaalde prosedures insluit: Vlagplegtigheid (Lion Marietta Hattingh), Lions Invokasie (Lion Marilda Louw); Lions Geloof (Lion Ina Ogilvie); 'n Heildronk op Lions RSA (Lion Ina Ogilvie); 'n Heildronk op Lions Internasionaal (Lion Boats van Staden). 

In sy boodskap het Lionpresident Pieter gesê hy het volle vertroue in sy Besigheidsraad om die termyn vir 2025-2026 aan te pak. “Namens Gansbaai Lionsklub nooi ek graag alle 'nuwe oud-Lionintrekkers' uit om my te kontak en of ons vergaderings by te woon,” het Lionpresident Pieter gesê. “Ons sal ook almal moet saamwerk om nuwe lede ingehuldig te kry - dit sal almal se take ligter maak, maar veral ons klub versterk.” Hy is sowat 16 jaar gelede as Lion ingehuldig en het sedertdien in bykans al die onderskeie portefuljes gedien, insluitend Lionpresident vir 2018-2019, 2024-2025 en nou ook vir 2025-2026.

Lionpresident Pieter het ook sy Besigheidsraad (Kabinet) vir 2025-2026 bekendgemaak: hyself as verkose Lionpresident, Boats van Staden (1ste Visie-President), Ina Ogilvie (Klubtesourier), Mariëtta Hatting (Klubsekretaris en Klub LCIF Koördineerder), Corrie Schutte (Lidmaatskapvoorsitter) en René Mouton (Bemarkingsvoorsitter). Drie nuwe lede is ook tydens die geleentheid ingehuldig: Riaan van Deventer, René Mouton en Carmelita Fitzgibbon.

Na afloop van die verrigtinge kon die Lions 'n gesellige aand en saamkuier in die Great White House geniet. Die Redaksiespan van die Gans-Berg Nuus wens Lionpresident Pieter de Vries geluk met sy verkiesing as Lionpresident en wens hom en sy span sterkte toe vir die termyn wat voorlê.

(Foto's is verskaf)

Hardus Botha

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles