Blog

Prestige-vroue-funksie bring hoop en inspirasie

Prestige-vroue-funksie bring hoop en inspirasie

Gans-Berg Nuus / News

Prestige-vroue-funksie bring hoop en inspirasie

Die vroue-funksie wat Saterdag, 7 Junie 2025 in Gansbaai Primêr se skoolsaal aangebied is, kan met reg as 'n hoogtepunt in die skool se kalender beskryf word. Een van die gaste het dit só opgesom: “Dis een van die beste funksies wat ek in 'n lang tyd bygewoon het,” - 'n gevoel wat wyd gedeel is deur die ander dames aan haar tafel.

Onder die bekwame leiding van Maresa de Villiers, waarnemende skoolhoof van Gansbaai Primêr, is die funksie met styl en warmte aangebied. Maresa het die oggend afgeskop met 'n gewyde boodskap oor die tema van hoop, waarna die BMIC Kinder Dansgroep onder leiding van Belnay van Tonder en Daylon Tobias die ongeveer 200 gaste met hul talentvolle dans op geestelike musiek betower het. “Na dié indrukwekkende vertoning het die dames heerlik saamgekuier en verversings geniet, wat deur die personeel self voorberei is,” vertel Maresa met trots.

Die gasspreker van die dag was Ingrid Jones - 'n UWK-alumnus, bekende TV- en radio-aanbieder, en hoofredakteur van Mikateko Media. Ingrid, wat tans in Pringlebaai woon, het met haar kenmerkende humor en insig gedeel hoe sy oor die lewe, hartseer en ons land dink - 'n plek wat haar tegelyk hartseer, woedend én vol vreugde maak. Haar aanbieding, getiteld “Hoop”, het gefokus op die pad van 'Trauma tot Triomf' en het diep aanklank by die gehoor gevind.

“Ek kan nie anders as om die volgende besighede van harte te bedank nie, waarsonder hierdie dag nie moontlik sou wees nie,” het Maresa gesê. Onder die borge tel onder andere (alfabeties) Build it, Die Markie, Gansbaai Arrie Nel Apteek, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Hugenote Water en Lekkerbek - saam met vele ander wat 'n bydrae gemaak het. Spesiale dank is ook uitgespreek teenoor Anine Volkwyn, wat 200 potjies beet vir die geskenksakke voorberei het, en die personeel van Gansbaai Primêr wat self 200 voorskote gemaak het. Silwerjare Dienssentrum het die geskenksakke geborg, en talle geluktrekkingsgeskenke en ander verrassings het bygedra tot die dag se sukses.

“Ek voel trots op dit wat ons, met die hulp van vrywilligers, borge en die personeel, bereik het,” het Maresa afgesluit. “Sonder hulle almal sou 'n fantastiese dag soos hierdie nie moontlik gewees het nie.”

Hardus Botha

Prestige-vroue-funksie bring hoop en inspirasie

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

The Horticulture Skills students enjoyed a power tool demonstration by Husqvarna...

Grootbos Foundation
Living Rich: The Power of Self-Love

Living Rich: The Power of Self-Love

Make your goal one of Living Rich.

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Beautiful styles, beautiful pieces and everything you need to add a little something special to your summer wardrobe.

Komtessa Boutique
LEARN TO PRIORITISE YOU

LEARN TO PRIORITISE YOU

Learn to prioritise you - commit to yourself.

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

One of our job pathway programmes begins in the Life Orientation classes of 2 local high schools...

Grootbos Foundation
HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be visiting various communities across the Overstrand during September...

See All Articles