Blog

Koffie met ryk aroma-geure

Koffie met ryk aroma-geure

Gans-Berg Nuus / News

Koffie met ryk aroma-geure

Om by Chameleon's Coffee Shop (The Den) in te stap, is om die geure van koffie met 'n ryk aroma 'in te asem'. Geure wat wissel van 'n verskeidenheid van Koffie, Tee, Bubble Tee en meer - midde 'n rustige atmosfeer, netjiese en ruim binnekant met genoeg sitplek om te kan ontspan, asook vriendelike personeellede. “This shop runs on Steam & Caffeine', lui 'n inskrywing op die swartbord.

Die vennootskap tussen Leon Kemp en Retha van Staden kom van ver af. Leon is 'n volbloed Gansbaaier en Retha is oorspronklik van Groblersdal, maar is sedert 2000 ook 'n Gansbaaier. Dié twee het in 2023 met Tuk Tuk, The Adventurous Chameleon begin, vanwaar die naam The Chameleon's Den vir hulle Koffiehuis. Gedurende daardie tyd het hulle baie rondgereis en op feeste, troues, funksies en baie meer gefokus - onder andere by Murasie Wedding Venue vir troues, Stanford en ander groot funksie-lokale.

“Aan die begin van 2025 het ons besluit om uit te brei, met die idee van 'n Koffiehuis wat reeds in Januarie vanjaar by ons ontstaan het,” vertel Retha. “In April het ons daaraan begin werk en op Saterdag, 14 Junie 2025 het ons The Chameleon's Den oopgemaak.” Die 'spyskaart' op die groot swartbord spreek boekdele van 'n groot verskeidenheid van 'geure': sowat 10 geure koffie, 7 geure tee, 6 geure Bubble Tee en nog meer. Insluitend is alternatiewe melk vir mense met 'n allergie - drinkgoed om van te kies en te keur.

Die Koffiehuis fokus op wegneem drinkgoed, maar daar is voldoende tafels en stoele om 'n rustige koffie of tee te geniet, asook om te kuier, 'n boek te lees en selfs om te sit en werk. Versnapperinge wat beskikbaar is, wissel van 'chocolate brownies' en 'cappucinno muffins' tot by 'n wye keuse van koeke van alle geure.

'n Besoek aan The Chameleon's Den sal beslis die moeite werd wees. Retha se twee vriendelike en flink personeellede is Ashley Geerdts en Leonie Peterson. Die Koffiehuis is in die Fynbossentrum op die hoek van Hoof- en Fabriekstrate geleë, met voldoende parkering beskikbaar. Retha van Staden kan by 082 894 0824 geskakel word, of stuur 'n epos aan haar by tac.coffeeco@gmail.com.

Hardus Botha

Koffie met ryk aroma-geure

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles