Hoogvlieg Vlerke

Hoogvlieg Vlerke

Gans-Berg Nuus / News

image left

Hoogvlieg Vlerke

'n Suksesstorie bly 'n inspirasie, veral vir jongmense. Sukses val egter nie uit die lug nie. Dit verg harde werk, lang ure, determinasie en 'n wil om vooruit te gaan.

Liezel Stemmet het 5 jaar gelede by die Prime Cut Meats groep van Hubert Greebe in Gansbaai aangesluit. Met 'n ysere wil aan die hand van Hubert se bekwame opleiding en die ondersteuning van haar man, Wihan, klim Liezel die volgende sport op haar leer wanneer sy op 1 Julie die pos as slaghuisbestuurder by OK Aggeneys aanneem. Wihan is een van die minderheid-mans wat sy vrou se harde werk verstaan en nie terugstaan vir huiswerk saans na werk en soggens voor werk nie. Spanwerk.

Dis baie ver van hulle gemaklike omgewing in die sin dat Wihan se ouers, Johan en Christine Stemmet, op Franskraal woon en hulle mekaar daagliks gesien het. 'n Hegte familieverband wat deur afstand verbreek word, maar 'n geleentheid wat hulle nie kon laat verbygaan nie. Hul graad 5 dogter, Anke, is een van Laerskool Gansbaai se uitblinkers. 'n Akademiese Graad 5-leerling wat verlede jaar Graad 4 se Top-Gansie was vir haar veelsydigheid. Anke gaan uiteraard haar maatjies mis, maar Sussie-kat is 'n nuwe troostroetel teen hierdie verlange.

Liezel en Wihan is 12 jaar getroud nadat hulle vir 9 jaar reeds saam was. Hulle ken die afdraaipaaie van die lewe en juis as gevolg van hulle saamloop, kan hulle vandag met vertroue hierdie nuwe pad saam aanvat. 'n Pad van diepe dankbaarheid omdat hulle kan terugkyk en die voetspore sien waar Jesus hulle gedra het. Ook hoe God se planne vir hulle in plek geval het om te wees waar hulle vandag is.

Liezel beskryf haar sterkste punt as kliëntediens. Sy het 'n verhouding gebou met haar kliënte, hulle op die name genoem en geweet hoe hulle hul vleis gesaag wil hê, watter snitte hulle verkies, hoe dit verpak moet word. Soveel so dat 'n groep van haar kliënte haar bederf het met 'n totsiens-geleentheid. Dit is wie sy is en wat sy saamneem Aggeneys toe. In sy afskeidsboodskap aan Liezel het Hubert gesê Prime Cut Meats was eintlik Liezel se slaghuis.

Hierdie tenger vroutjie het 'n skaap van die haak af oor haar skouer gegooi en hom opgesaag in Prime Cuts. Sy is Hubert ewig dankbaar vir die geleentheid wat hy haar gegee het en sy gaan voortbou op sy voorbeeld om mense op te lei en hul kennis in die vak te verbreed.

Ons wens die Stemmet-gesin, wat vir 4 jaar ook deel van ons bestaan was, alle voorspoed toe daar ver in die Noordkaap. “Maar,” sê Liezel, “hulle sal moet verstaan dat haar gesin prioriteit nommer een is en so sal bly.” Wihan, Liezel, Anke en Sussie, julle vlerke is gesprei. Vlieg saam en vlieg hoog!!

Carine Badenhorst

Hoogvlieg Vlerke

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

Horticulture Students Learn Power Tool Safety

The Horticulture Skills students enjoyed a power tool demonstration by Husqvarna...

Grootbos Foundation
Living Rich: The Power of Self-Love

Living Rich: The Power of Self-Love

Make your goal one of Living Rich.

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Summer Finds at Komtessa Boutique!

Beautiful styles, beautiful pieces and everything you need to add a little something special to your summer wardrobe.

Komtessa Boutique
LEARN TO PRIORITISE YOU

LEARN TO PRIORITISE YOU

Learn to prioritise you - commit to yourself.

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

Empowering Youth Through Education, Sport and Life Skills

One of our job pathway programmes begins in the Life Orientation classes of 2 local high schools...

Grootbos Foundation
HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

HOME AFFAIRS MOBILE UNIT DATES: SEPTEMBER 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be visiting various communities across the Overstrand during September...

See All Articles