Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Gans-Berg Nuus / News

image left

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Suster Brenda Lombaard (66) is met ingang van 1 Julie 2025 as een van Ikamva Jeugontwikkeling se professionele susters aangestel. Die projek waarby Brenda ingeskakel het, is Ikamva se Geïntegreerde Gesondheids- en Welstandsdienste in die Gemeenskap. 

Brenda is aanvanklik in 1989 as 'n teatersuster in Gauteng opgelei. Sy het ook vir sowat 3 jaar in Hermanus Provinsiale Hospitaal gewerk, waarna sy ook by twee Tehuise vir Bejaardes betrokke was. In 2019 het Brenda na De Kelders verhuis. In Augustus 2023 het sy afgetree, maar was deur middel van agentskappe steeds by klinieke in Hermanus, Stanford en Gansbaai betrokke.

Sy voel opgewonde oor die nuwe uitdaging wat by Ikamva op haar wag. “Vir my is dit 'n nuwe veld waarin ek gaan werk, maar ek sien baie daarna uit,” het sy gesê.

Genoemde projek waarby Brenda ingeskakel het, word deur twee geregistreerde professionele verpleegkundiges, waarvan sy nou die een is, gefasiliteer. Hierdie gesondheidsorgwerkers, met die bystand van 27 gemeenskapsgesondheidswerkers en 4 lekeberaders, verskaf broodnodige gesondheidsorg aan die mees kwesbare en benadeelde lede van die gemeenskappe van Gansbaai-omgewing, Stanford, Baardskeerdersbos, Pearly Beach en Buffeljagsbaai. Sterkte word Suster Brenda met haar nuwe uitdaging toegewens.

Hardus Botha

Nuwe Suster vir Ikamva-gesondheidsdienste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles