Gansbaai legende verloor stryd teen kanker -Johan Pieterse-

Gansbaai legende verloor stryd teen kanker -Johan Pieterse-

Gans-Berg Nuus / News

Image

Gansbaai legende verloor stryd teen kanker -Johan Pieterse-

Groter Gansbaai het 'n legende in die persoon van Nicolaas Johannes (Johan) Pieterse (70) op 27 Julie 2025 aan die dood afgestaan - nadat Johan die stryd teen aggressiewe pankreas- lewerkanker verloor het. Johan was 'n geliefde en gerespekteerde inwoner van ons dorp, waar hy en Cormaré die afgelope 40 jaar al woon.

In 'n eksklusiewe onderhoud met die Gans-Berg Nuus, kon daar rustig met Cormaré gesels word. Die egpaar se bekende besigheid, Studio Jo-Signs, is op 1 Oktober 2000 geopen, waar Johan en Cormaré welbekende besigheidseienaars vir die afgelope 25 jaar was. Dáár het kliënte ook gereeld met sy spitsvondige humor en vriendelike geselsies te doen gekry. Skrywer hiervan, wat die egpaar sowat 20+ jaar ken, het ook onder sy spitsvondigheid deurgeloop. Op die vraag of hy 'make-up' personeel het voordat ID-foto's geneem word, het Johan doodluiters geantwoord: “Jy sal later moet terugkom, Hardus, my messelaars is met ete”! - say no more!

Om Johan se aktiewe lewe in die gemeenskap in detail te bespreek, is 'n onbegonne taak. Enkele voorbeelde oor verskillende tydperke en in geen spesifieke volgorde:

Stadsklerk van McGregor (vanaf Januarie 1982) en daarna Stadsklerk van die destydse Gansbaai Munisipaliteit (1984-2000); Stigterslid van Perlemoenbaai Buurtwag en ook inisieërder van 'n veiligheidskamera); Voorsitter van Gansbaai Toerisme Buro; Laerskool Gansbaai se Beheerliggaam; Hermanus Hoërskool Ouervereniging; Inisieërder van Laerskool Gansbaai se eerste bussie wat aangekoop is; Bestuur van Herberg aan See; Gansbaai Polisiëringsforum; NGK Kerkraadslid as diaken, ouderling en ook kerkbestuur; dan was Johan ook by uitstek 'n uitstekende fotograaf.

Johan was gesteld daarop dat Gansbaai mooi moet vertoon en 'n trots vir die gemeenskap moes wees. Onder andere was hy die inisieërder van die mooi tuin by die Poskantoor, met baie ander bome wat met sy inisiatief in die dorp geplant is - die boom voor die munisipale gebou het hy vanaf McGregor gebring en met sorg self daar geplant ('sy boom'). Hy het ook 'n groot liefde vir aalwyne gekoester.

Johan is op 12 Februarie 1955 in Johannesburg gebore. Hy en Cormaré is op 6 Augustus 1977 in die Willowmore NG-gemeente deur ds NJ Nell in die huwelik bevestig - kort na hierdie uitgawe sou dit 'n huwelikslewe van 48 jaar gewees het. Twee dogters is uit die huwelik gebore: Elizma, getroud met Wesley Knowles en hulle woon in Luxembourg, Europa; Anina, getroud met Ferdi de Witt en hulle woon in Malmesbury. Die egpaar het 3 kleinkinders, 2 seuns en 1 dogter, wat 'n groot deel van Johan se lewe gevul het.

'n Gedenkdiens vir Johan vind op Saterdag, 2 Augustus 2025 om 11:00 in die OMGEE Bedieninge se saal plaas (Kerkstraat, oorkant Laerskool Gansbaai). Die opskrif van die begrafnisbrief lui: 'Heaven gained a very Bright Star'.

Hardus Botha

Gansbaai legende verloor stryd teen kanker -Johan Pieterse-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Strong People Feel Emotionally Exhausted and Alone

Why Strong People Feel Emotionally Exhausted and Alone

The strongest people are often searching for things they never ask for out loud.

Senior Ridgeback Dog CHAKA Needs a Loving Home

Senior Ridgeback Dog CHAKA Needs a Loving Home

Beautiful Ridgeback boy CHAKA (10 years old) has been signed over to BARC Animal Welfare.

BARC Animal Welfare
SARS SELF-SERVICE KIOSK MOVED TO MUNICIPAL OFFICES

SARS SELF-SERVICE KIOSK MOVED TO MUNICIPAL OFFICES

The SARS Self-Service Terminal (Kiosk) has moved to the foyer of the Overstrand Municipality offices in Hermanus...

Gansbaai Property and Lifestyle Guide 2026

Gansbaai Property and Lifestyle Guide 2026

Gansbaai has steadily grown into one of the Western Cape’s most attractive coastal destinations...

Optimizor and Feline Cuisine Back!

Optimizor and Feline Cuisine Back!

Your furry friends’ favourites are back in stock at The Pet Grocer.

The Pet Grocer
The Exhaustion of Fighting Yourself

The Exhaustion of Fighting Yourself

Inner conflict is exhausting because both sides of you are trying to survive.

See All Articles