Blog

Gans-Berg Nuus toer saam

Gans-Berg Nuus toer saam

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus toer saam

Verskeie lesers van die Gans-Berg Nuus het al laat weet van hulle foto-albums oor spesifieke berigte wat hulle, vir bewaring in foto-albums, uitgeknip het - dit beklemtoon lesers se behoefte aan gedrukte uitgawes en die redaksiespan voel baie trots daarop.

Ons het by een egpaar, wat al male sonder tal getoer het, Fanie en Judy Bothma van Franskraal, gaan inloer en deur hulle pragtige, eintlik historiese, foto-album (en hulle het nog ander albums ook!) geblaai wat op 'n kunstige wyse deur Judy saamgestel is - 36 groot album-blaaie, dus 72 bladsye. Daarin is hulle toer saam met Johan en Thenesia Ackermann van Clanwilliam na 12 Afrika-lande oor 'n tydperk van 4 maande, met 24 500km agter die rug, vanaf 7 Junie 2029 tot 25 September 2019 (tot kort voor die covid-tydperk) vasgevang. Die toer is in 16 dele vanaf 22 Januarie 2021 deur die Gans-Berg Nuus geplaas, wat groot byval onder ons lesers gevind het - nou is Gans-Berg Nuus se 16 berigte, met Fanie en Judy se foto's, in 'n prag-foto-album vasgevang.

Ons lesers kan nou weer uitsien na 'n nuwe reeks oor Fanie en Judy se toer gedurende Mei en Junie 2025. Die toer was vanaf Suid-Afrika na Kgalagadi, Botswana en Namibië uitsien. Hierdie toer het Fanie en Judy saam met hulle ander geliefde toer-egpaar, Dolf en Elna Nel van Saldanha, aangepak. Hulle wedervaringe en foto's sal weer in verskillende dele oor 'n tydperk in die Gans-Berg Nuus geplaas word.

Elna is, net soos Judy, baie kunstig en lesers sal onthou van haar persoonlike en uitsonderlike 'dagboek' waarin sy 'n vorige toer met dag-vir-dag nota's van hulle wedervaringe beskryf het, soos net sy dit kan doen. Saam met haar nota's in die dagboek, is kunstige tekeninge en sketse ingebring, wat eweneens as 'n kosbare album beskou kan word. In een van hulle vorige toere het sy haar dagboek aan die Gans-Berg Nuus beskikbaar gestel, soos wat sy ook nou vir die volgende reeks gedoen het. Daar kan beslis na die volgende toer-reeks in die Gans-Berg Nuus uitgesien word.

Hardus Botha

Gans-Berg Nuus toer saam

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles