Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General
Blog

Overberg Kushengelklub: Die Knorhane Juig!

Overberg Kushengelklub: Die Knorhane Juig!

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengelklub: Die Knorhane Juig!

“Die Wedstrydsekretaris van die Overberg Kushengelklub kan 'n geheim hou soos min,” vertel Elba Tredoux van die klub. “Reeds sedert Meimaand was dit naels kou tussen die twee voorste spanne, asook tussen die individuele hengelaars.”

Elba sê Junie 2025 was die laaste wedstryd vir die boekjaar en die gelykopstryd het sake verder bemoeilik. “Die afwagting was dus groot met die jaarlikse prysuitdelingsfunksie op Saterdag, 12 Julie 2025, toe die finale stand van sake bekendgemaak is,” het sy gesê. Die span van die Knorhane was uitbundig van opgewondenheid toe hulle as die wenspan aangewys word - met 'n skrale 1.5 punt voorsprong bo die Leervisse, wat verlede jaar die wenspan was. Elba sê die komende jaar, wat ook Saterdag afgeskop het, beloof sterk mededinging te wees, aangesien die onderste 3 spanne as een span saamgevoeg is. Hulle staan nou as die Koningsvisse bekend - “Pasop Knorhane en Leervisse, moenie té gerus raak nie,” het Elba gewaarsku.

Die Kampioenhengelaar van verlede jaar, Thys Kemp (De Kelders) het dit toe weer reggekry om vanjaar met 'n skrale 8 punte te kon wen - welgedaan Thys! Hy kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie. Die Dames kampioenhengelaar is Sonja van der Merwe - knapgedaan, Sonja.

Volledige uitslae:

Grootste Mosselkraker - Mias Albrecht; Grootste Galjoen - Gustav Carstensen; Grootste Steenbras - Thys Kemp (De Kelders); Grootste Kabeljou - Sonja van der Merwe; Klubrekord Elf - Arno van der Merwe; Klubrekord Geelbek - Janco Coetzee; Dames Kampioen - Sonja van der Merwe; Voorsitterstrofee - Johnny Hanekom; Longdrop trofee - Eddie de Jager.

Individuele hengelaarsposisies:

Kampioenhengelaar - Thys Kemp (De Kelders); Reserwe Kampioen - Johnny Hanekom; 3de - Mias Albrecht; 4de - Melchi Botha; 5de - Gustav Carstensen; 6de - Duif Pienaar.

Elba vertel dat die gesellige funksieaand met 'n heerlike spitbraai, voorberei deur Piet Groenewald en Seuns, gepaard gegaan het. “Die Bokke se oorwinning het natuurlik tot die vrolike onderlinge gees bygedra!” het Elba afgesluit.

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub: Die Knorhane Juig!

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles