Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › General

Duiwesport is in sy bloed -Willie Marais-

Duiwesport is in sy bloed -Willie Marais-

Gans-Berg Nuus / News

Image

Duiwesport is in sy bloed -Willie Marais-

Goeie nuus vir Gans-Berg Nuus se lesers is dat gereelde wedvlugberigte oor Gansbaai Posduifklub en Overberg Posduif Unie weer weekliks geplaas gaan word, waarvan een reeds geplaas is. “Ek het net een doel voor oë en dit is die bevordering van die duiwesport en om ander te help en te ondersteun om ook aktief te kan deelneem,” vertel Willie Marais oor sy nuwe hoedanigheid in die duiwesport. Hierdie 'nuwe' hoedanigheid is om wyle Oom André Vorster se skoene vol te staan - 'n taak wat Willie sonder twyfel met grasie en doelgerigtheid sal kan uitvoer.

'Nuut' is egter irrelevant, want Willie se ondervinding in die duiwesport strek vanaf 2009, sowat 16 jaar gelede in Bloemfontein, toe hy volskaal betrokke begin raak het. Sy liefde vir die duiwesport is egter reeds vanaf kindsbeen deel van sy menswees. Dit is ook in Bloemfontein waar hy en Oom André mekaar leer ken het. “Ek het nog altyd buitengewone respek vir Oom André gekoester,” vertel Willie. “Soos hy, het ek ook ten doel om die duiwesport te bevorder en opkomende duiweboere te ondersteun en te help waar ek kan.”

Willie (59) is oorspronklik van Bloemfontein, waar hy verskeie Konstruksie-besighede besit en bedryf het en ook as Projekbestuurder vir Konstruksie-werke opgetree het. Hy beskik oor verskeie ambagte in verskillende rigtings en is dus 'n man wat weet hoe om met sy hande te werk. In 2015 was Willie in 'n ernstige motorongeluk betrokke, waar 'n motorbestuurder 'n onverwagse U-draai voor hom gemaak het. “Daarna was ek nooit weer dieselfde nie en is ek ook medies ongeskik verklaar,” vertel hy.

Willie is met Carika in die huwelik bevestig en die egpaar het drie kinders, met hulle eerste kleindogter wat 8 maande gelede gebore is. Hulle het sowat 2 jaar gelede vanaf Bloemfontein na Perlemoenbaai verhuis. Hier het hy summier by Overberg Posduif Unie, asook Gansbaai Posduifklub ingeskakel, waar hy ook die voorsitterstoel by Oom André oorgeneem het. In die Gans-Berg Nuus van 7 Junie 2024 skryf Oom André die volgende: “Wat Gansbaai Posduifklub, asook Overberg Posduif Unie betref, is groot veranderinge op voorsitters- en bestuursvlakke aangebring.” Willie is toe as voorsitter van Gansbaai Posduifklub verwelkom, asook die nuwe voorsitter van Overberg Posduif Unie. 

As gevolg van Willie se groot werkslas in die duiwesport, is Norman Stevens van Gansbaai Posduifklub vroeër vanjaar as voorsitter verkies. Tans is Willie voorsitter van Overberg Posduif Unie en ook Visie-President van SANPO (South African National Pigeon Organisation). Willie spog ook met verskeie Nasionale Wedvlugtoekennings, maar het ook uitstekend op Internasionale vlak met 1-dag hokke gevaar. Willie sal voortaan die nuus oor wedvlugberigte vir die Gans-Berg Nuus skryf.

Die Gans-Berg Nuus, 'n ondersteuner van Gansbaai en Overberg se duiwesport, wens Willie alle sterkte toe met sy Posduif-pad. Vir navrae oor Gansbaai Posduifklub, asook Overberg Posduif Unie, kan Willie Marais by 071 183 2147 gekontak word.

Hardus Botha

Duiwesport is in sy bloed -Willie Marais-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles